WILDSVLEIS: SMAAKLIK EN HEILSAAM
BOETIE KIRCHNER
Met die onlangse slegte publisiteit wat wildsvleis in die media gekry het, is dit baie belangrik om die voordele van wildsvleis uit te lig. Ons hier in die suide van Afrika is geseënd met ’n wye verskeidenheid wildspesies – van jagbare voëls, tot die grootste van die soogdiere. Wild word in SuidAfrika nog grootliks in die vrye natuur aangetref en is, anders as veediere soos beeste, skape, bokke, varke en pluimvee, basies vry van menslike ingryping.
Navorsers het bevind dat leefstylveranderings, tesame met ’n verandering in dieet, kan lei tot die verbetering van mense se algemene gesondheid.
VOORDELE VAN WILDSVLEIS
Wildsvleis val in die klas van organiese kossoorte en van die belangrikste voordele van vleis afkomstig van vrylopende wild, is onder andere die volgende: • Dit bevat tot 50% minder vet as beesvleis en is baie laer in versadigde vetsure.
• Gram vir gram het dit ’n hoër pro
teïninhoud.
• Bevat geen antibiotika;
• Bevat geen groeihormone/stimulante
nie;
• Dis ’n goeie bron van gekonjugeerde linoliensuur (CLA) wat kankerwerend is en oormatige vetsug voorkom. • Lae risiko vir voedseloordraagbare
siektes;
• Gesonde dosis poli-onversadigde
omega3-vetsure;
• Bevat meer B-vitamiene en minerale, soos sink en yster.
Wildsvleis is deesdae baie gewild en word al hoe meer op goeie restaurante se spyskaarte gevind, asook op die vleisrakke van sekere kettingwinkels. Die wildsvleis wat kommersieel beskikbaar is, is onderworpe aan inspeksie volgens die Vleisveiligheidswet 2000 (Wet 40 van 2000) en word daarom as veilig geklassifiseer. Wildsvleis wat vir eie gebruik benut word, is nie onderhewig aan dié inspeksievereistes nie en dit is die jagter se verantwoordelikheid om te verseker dat sy wild se karkasse vinnig uitgebloei word, reg afgeslag, verkoel en vervoer word om die beste kwaliteit te verseker. Wildsvleis kan ook baie suksesvol rypgemaak word vir ’n paar dae, ’n proses wat die vleis sappiger en sagter sal maak. Dit is ook geskik om vir so lank as 12 maande veilig in ’n vrieskas bewaar te word.
NUWE DENKE EN METODES
Tradisioneel het jagters meestal net biltong en droëwors van wildsvleis gemaak en Ouma het die benevleis afgekook tot fynvleis met naeltjies daarin om die “wilde” smaak daarvan te verberg. Gelukkig het daar ’n groot evolusie in ons hedendaagse lewe plaasgevind en het wildsvleis ’n nuwe kleur
verskeidenheid van maniere waarop wildsvleis vandag voorberei en aangebied word, sink egter eers in as jy in een van die groot speserywinkels instap en oorweldig word deur rakke en rakke vol van verskillende speserye en bestanddele. Daar is ’n versameling van spesiale speserymengsels vir elke moontlike vleissnit, te kies en te keur.
In die kombuis het daar ook ’n evolusie plaasgevind en die dae van Ouma wat heeldag voor die stoof staan, is al amper vergete. Al hoe meer mans het die kombuis begin betree omdat vroulief ook ’n voltydse beroepsvrou is. Die bekombaarheid en bekostigbaarheid van toerusting om vleis te verwerk het ook tot gevolg gehad dat al hoe meer jagters, baie trots, hul eie wildsvleis verwerk tot ’n verskeidenheid van smullekker produkte.
Onlangs het die kollig ook baie skerp op die wetgewing rondom die wildsvleisregulasies geval. Natuurlik is daar baie gerugte met waninligting versprei en ek werp graag lig daarop. Die eerste onderwerp wat behoorlik die tonge los gekry het, was die uitbreiding van die lys van diere waarop die wildsvleisregulasies van toepassing is. Die lys bevat onder andere diere soos olifante, renosters en ’n lang lys van eksotiese spesies wat normaalweg nie in SuidAfrika voorkom nie. Die doel hiervan is bloot om alle moontlike vleisbronne in te sluit by die Vleisveiligheidswet – dit verseker dat alle vleis wat kommersieel te koop aangebied word, onderhewig is aan die Vleisveiligheidswet en dat dit eers deur ’n vleisinspekteur goedgekeur moet word voordat dit aan die publiek verbruikerb ik beskerm,bk en ook k die di integriteit van wildsvleis.
OLIFANTJAG: VOLHOUBARE BENUTTING
Sommige spesies op die lys, soos renoster en olifant, mag dalk die wenkbroue laat lig, maar wees verseker dat dié diere, anders as wat deur gerugte versprei word, nie nou net benut gaan word vir hul vleis nie. In perspektief gestel, kom ons gebruik ’n olifant as voorbeeld: Die olifantpopulasie in Suidelike Afrika oorskry tans die aanbevole drakrag van die natuurlike veld – dit lei tot die verwoesting van habitat en benadeel verskeie ander spesies (soos blaarvreters) wat afhanklik is van groot bome vir hul voortbestaan. Die gesonde olifantpopulasie het tot gevolg dat daar al meer jaggeleenthede beskikbaar raak weens, onder andere, olifant/ mens-konflik.
Die jag van ’n olifant heg monitêre waarde aan die dier, en die geld kan aangewend word vir, onder andere, habitatbeskerming en bewaring. Die hoofprodukte van die jag van olifante, is die ivoor, die vel en vleis van omtrent drie ton. Vir die ivoor en vel is daar vasgestelde regulasies en permitte in plek. Die vleis word as addisionele produk benut.
Indien die olifant dus nie ingesluit is onder die Vleisveiligheidswet nie, sal die vleis byvoorbeeld nie kommersieel bemark kan word nie. Die insluiting van die olifant op die lys het verder baie duidelike voorskrifte waaraan voldoen moet word, soos die slagprosesvereistes, om te verseker dat die vleis veilig bemark kan word. Dit is ’n goeie volhoubare benutting.
Hou ook in gedagte dat nie alle olifante op gemeenskapsgronde gejag word nie. Die gebruik is gewoonlik dat die plaaslike gemeenskap op wie se grond die olifant gejag word, geregtig is om die vleis te kry, maar hoe gemaak as die jag op privaatgrond plaasvind en die vleis dan nie wettig benut kan word nie? Dit is dus van kardinale belang om soveel moontlik spesies te lys onder die Vleisveiligheidswet.
SA Jagters het dan ook reeds kommentaar in dié verband na die spesifieke minister se kantoor aangestuur en lede kan die skrywe op ons webwerf gaan lees.
REGULASIES VERANDER
Daar is ongelukkig gerugte wat die rondte doen dat daar ’n groep persone is wat die wildsvleisregulasies vir eie finansiële gewin dryf. Dit het onder verskeie organisasies se aandag gekom dat daar regulasies vir wildsvleis saamgestel is, en dat dit gereed was vir goedkeuring deur die betrokke minister. Daar was egter ’n hele klompie brandpunte waarmee die meeste organisasies nie tevrede was nie. Omdat daar nie ’n verteenwoordigende forum was wat die totale wildsvleisindustrie verteenwoordig nie, is die meeste rolspelers toe uitgenooi na ’n vergadering (op 20 September 2019) om die kwelpunte aan te spreek. Die gevolg van die vergadering was die totstandkoming van die Game Meat Industry Forum (GMIF). Die GMIF sluit verskeie rolspelers in, onder andere slagpale, plaaslike gemeenskappe, oesspanne, plaaslike jagters, jagondernemers, beroepsjagters, wildsboere asook spesialis-advisseurs en vleisverspreidingsm maatskappye. SA Jagters is uit ddie aard van die saak ook deel vvan die GMIF.
Die GMIF het daarin geslaag o om die konsepregulasies eers op ys y te laat plaas sodat sekere voorstelle v oor probleemareas ingedien i kon word. Een van die groot g kwelpunte wat in die konsepwetgewing vervat was, is die beperking van die hoeveelheid wild wat ’n jagter vir eie gebruik mag jag deur die insluiting van ’n kwotastelsel. SA Jagters het die voorstel ten sterkste afgekeur. Al die forumlede het saamgestem dat daar nie so ’n beperking op jagters geplaas moet word nie en dit is dan ook so vervat in die voorstelle wat ingedien is.
Van die ander kwelpunte was die gebrek aan definisies oor eie gebruik, die prosedure oor die inspeksie van vleis en nog ’n klompie tegniese punte. Die GMIF het dan hieroor ook voorstelle ingedien.
KONSEPREGULASIES VIR WILDSVLEIS
In kort gaan ek net die konsepregulasies baie vereenvoudig. Wildskarkasse word in twee kategorieë ingedeel: Dié wat deur die jagter bekom word vir eie gebruik en dié wat vir die kommersiële mark bestem is. Karkasse vir eie gebruik is nie onderhewig aan vleisinspeksie nie, maar mag nie verkoop word nie. Alle karkasse bestem vir kommersiële gebruik is onderhewig aan vleisinspeksie, net soos die geval met byvoorbeeld skape en beeste, maar met sekere aanpassings as gevolg van die feit dat die wild in die veld geoes word en nie by ’n slagpale gedood word nie.
Die bekendstellingsdokument van die GMIF is dan ook op SA Jagters se webwerf beskikbaar.
U kan verseker wees dat ons die belange van ons lede eerste stel en nie sal aanvaar dat onnodige regulasies die voortbestaan van die jagbedryf benadeel nie.