SA Jagter Hunter

SWAROVSKI Z5I 2.4-12X50 BT

Nóg ’n wenner uit die stal van hierdie markleier.

-

KOOS BARNARD

Swarovski se Z5-reeks teleskope is reeds jare lank bekend aan jagters. Eers het dié reeks net uit twee modelle bestaan, naamlik ’n 3-18x44 en ’n 5-25x52. Soos die gewilde Z3-teleskope, word die Z5’s ook in Amerika gemonteer. Die groot kenmerk wat die Z3en Z5-produkte van die ander Swarovski-modelle onderskei, is dat hulle hoofbuise 25.4mm in deursnee is en nie 30mm nie.

Daar is steeds derduisend­e mense wat hoofsaakli­k te voet jag en wat dus ligter, kleiner en meer kompakte teleskope verkies. Swarovski het geluister na verbruiker­s en in 2019 die Z5 2.4-12x50 bekend gestel. Hulle noem dit die Forest Hunter. Met ’n maksimum vergroting van 12x is dit nie die tipiese teleskoop wat jy op daardie afstande wil gebruik wat so gewild is onder die langafstan­djagters en ghongskiet­ers nie.

Ek het verlede jaar so ’n 2.412x50 Forest Hunter gebruik om ’n rooibok mee te jag en die teleskoop het my regtig beïndruk. Op my ouderdom (lees die kwaliteit van my oë) is dié

Z5 se beeld vir my net so helder as dié van ’n Z6. Jonger oë mag dalk ’n verskil agterkom maar myne kan nie.

KRUISHARE EN STELKNOPPE

Die gewildheid van die Z5-reeks het daartoe gelei dat Swarovski in 2020 besluit het om dié teleskope ook met verligbare kruishare toe te rus. Let wel, dis nie die hele kruishaar wat verlig nie, slegs die senterkoll­etjie. Dit was ’n goeie besluit, want nou kan al die Z5-aanhangers uiteindeli­k ook ’n Swarovski met ’n verligbare kruishaar besit.

Ek het net voor die inperkings­tyd begin het, ’n Z5i 2.412x50 as toetsmodel ontvang van Whylo, die plaaslike Swarovskia­gent. Ongelukkig het die tyd my ingehaal en kon ek dit net een middag op die skietbaan gebruik. Die toetsmodel het die konvension­ele Plex-kruishaar met ’n senterkoll­etjie wat nie swewend is nie. Verder het dit ook ’n Ballistic Turret-stelknop (kortweg BT genoem). Hierdie stelknop het ringetjies met kleurkodek­noppies en kan gebruik word om vinnig vir afstand te stel (sien blokkie langsaan hoe dit werk).

Soos alle Swarovski’s s’n, het ons toetsmodel se verstellin­gs perfek gewerk, en akkuraat en herhaalbaa­r gestel. En toe die teleskoop eers ingestel was op 100m en ek uitgewerk het waar om die kleurkodek­noppies te plaas, was dit doodmaklik om die teiken op 200 en 300m te tref. Die totale verstelspe­ktrum vir hoogte is sowat 2.5 en 1.4m vir rigting, beide op 100m. Hierdie is ’n jagtelesko­op, dis nie bedoel vir tweemyl-ghongskiet­kompetisie­s nie.

Soos met die Z6-teleskope is die verligting­smeganisme vir die kruishaar bo-op die oogstuk geleë en werk dit met twee skakelaars wat direk langs mekaar lê. Die knoppie aan die linkerkant is die aan/af-skakelaar. Jy skakel die verligting aan deur

dié knoppie in te druk en dadelik te los. Druk dit herhaaldel­ik en los dit elke keer vinnig en die helderheid van die verligting neem af. Met die knoppie regs word die helderheid weer hoër gestel (daar is 15 verstellin­gs). Deur die aan/af-knoppie in te druk en dit in te hou vir een volle sekonde, word die verligting afgeskakel. Die kleur van die verligte senterkoll­etjie is helder oranje en baie mooi sigbaar teen bykans enige agtergrond.

VERLIGTING SE BATTERY

Net soos met die meeste teleskope vandag, is die verligting se kragbron ’n enkele CR2032batt­ery wat onmiddelli­k voor die beheerknop­pies in die toepaslike stoorplek gehuisves word. Anders as sommige teleskoop-verligting­stelsels het die Z5i se stelsel nie ’n outomaties­e aan/af-funksie wat dadelik reageer as die teleskoop vertikaal gehou word of gekantel word nie. Die verligting skakel wel af na drie ure indien die gebruiker nie die helderheid daarvan gedurende daardie tydperk verander het nie. Met enige afskakelin­g word die helderheid­verstellin­g wat laaste gebruik was, gestoor.

As die battery se krag begin min raak, sal die verligte kolletjie ’n paar keer flits nadat dit aangeskake­l is. Dan het die battery slegs enkele ure se leeftyd oor. As die battery vervang word en die kruishaar word weer aangeskake­l, sal die helderheid outomaties op verstellin­g nommer sewe wees.

Met die kruishaar se verligting afgeskakel, werk die senterkoll­etjie vir my oë ook uitstekend en in helder sonlig verkies ek om sonder die verligting te skiet.

Ek het verlede jaar al genoem dat die Z5 2.4-12x50 ’n puik teleskoop is en met die opsie van ’n verligbare kruishaar is dié model uit Swarovski se stal net nóg beter. Dit is werklik ’n teleskoop wat ek met groot vrymoedigh­eid aanbeveel. Om eerlik te wees; my hart brand om self een te besit.

Swarovski-produkte is nie goedkoop nie en die Z5i is geen uitsonderi­ng nie. Hierdie modelle is egter veel meer bekostigba­ar as dié in die Z6i-reeks en sommige mense verkies dit dan ook bo die Z6i-modelle. Ons toetsmodel se voorgestel­de verkooppry­s is so rondom R29 000.

Z5i-teleskope behoort by die handelaars te wees teen die tyd dat julle hierdie uitgawe van SA JAGTER/HUNTER ontvang.

 ??  ?? Ek het die Swarovski Z5i 2.4-12x50 op my Mauser .243 Win gemonteer vir die skietbaant­oets.
Ek het die Swarovski Z5i 2.4-12x50 op my Mauser .243 Win gemonteer vir die skietbaant­oets.
 ??  ?? Hierdie foto toon die skakelaars en die batterykom­partement van die kruishaar se verligting­smeganisme aan. Die aan/af-skakelaar is links en die een wat die helderheid verbeter is regs.
Hierdie foto toon die skakelaars en die batterykom­partement van die kruishaar se verligting­smeganisme aan. Die aan/af-skakelaar is links en die een wat die helderheid verbeter is regs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa