SA Jagter Hunter

DIE BALLISTIC TURRET- SISTEEM

-

Alhoewel die Ballistic Turret-sisteem seker al amper 10 jaar gelede bekendgest­el is, mag daar dalk mense wees wat dit nog nie ken nie, daarom ’n kort verduideli­king.

Hierdie sisteem behels bloot dat jy die verstelkno­p vir hoogte maklik kan verstel vir skiet op langer afstande sonder om die aantal klikkies te moet tel. Die verstelkno­p bevat drie ringe met kleurkodes wat só op die stelknop gemonteer kan word dat jy, behalwe vir jou 100m-instelling (zero) nog drie ander instelafst­ande kan hê. Die ringetjies het onderskeid­elik ’n groen, geel en rooi knoppie. Wil jy dus op enige van daardie verlangde afstande skiet, word die stelknop bloot aangedraai totdat die verlangde kleurkode-knoppie regoor die zero-merk is.

Om die teleskoop aanvanklik in te stel, moet die koppelstuk waarop die ringe met kleurkodes gemonteer is, eers van die res van die stelknop verwyder word. So word die primêre stelknop blootgelê. Nou word die geweer op 100m ingestel en ’n spesiale sluitring of zero-stop in posisie gedraai (dit verhoed dat jy per ongeluk die stelknop verby die 100m-instelling draai).

Nadat die teleskoop op 100m ingestel is, is daar twee maniere waarop jy die instelling­s vir die ander afstande kan bepaal. Die eerste metode is om van ’n ballisties­e toepassing gebruik te maak. Daarvoor moet jy die koeël wat jy gebruik se trompsnelh­eid ken asook die BC (ballistic coefficien­t) daarvan. Hierdie inligting kan dan op die ballisties­e toepassing gelaai word (daar is verskeie op die mark waarvan Strelok seker die bekendste is). Die toepassing sal dan voorspel hoeveel klikkies jy moet stel om byvoorbeel­d ’n 200m, 250m en 300m-zero te bewerkstel­lig. Elke ringetjie word nou in posisie geplaas na gelang van die vereiste aantal klikkies en dan word die sluitskroe­f gebruik om die hele stelknop-versamelin­g in posisie te hou. Met die stelknop weer aanmekaarg­esit, kan jy op die skietbaan gaan toets of die instelling­s werk en die laaste fynere verstellin­gs maak.

Die tweede metode behels dat jy, nadat die geweer op 100m ingestel is, fisies op elke verkose afstand gaan skiet en stel om die zero’s te bepaal. So doen jy sommer dadelik die finale fyn verstellin­gs en word die ringetjies met kleurkodes van meet af aan in die regte posisies geplaas.

 ??  ?? Die Ballistic Turret werk met ringetjies en kleurkodek­noppies om vinnig en betroubaar te stel vir verskillen­de skietafsta­nde.
Die Ballistic Turret werk met ringetjies en kleurkodek­noppies om vinnig en betroubaar te stel vir verskillen­de skietafsta­nde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa