SA Jagter Hunter

JAGPUNTE VIR 'N BOOG

Kies die korrekte punte vir jou jagboog.

- REAN STEENKAMP

Kies die korrekte punte vir jou jagboog.

Wat heel voor aan ’n pyl is, maak baie saak, want dit is die gedeelte wat die dier tref en moet doodmaak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, jy moet gewis ’n boog gebruik waarin jy vertroue het en wat akkuraat skiet. En ja, jy moet skootplasi­ng oefen om seker te maak die pyl tref waar jy mik. So moet jy ook sorg dat jy jou prooi met oorleg kies en net skiet wanneer die dier reg staan en jy weet waar om te mik om die longe en die hart te tref. Maar al skiet jy so akkuraat soos ’n skerpskutt­er en is jou boog dalk die nuutse en vinnigste op die mark, en al tref jy die bok op die regte plek, kan jy steeds die skoot verbrou omdat die jagpunt nie sy werk gedoen het nie. Derhalwe is die jagpunt van die allergroot­ste belang.

WAARNAMOET­JYKYK?

Wanneer ons ’n jagpunt kies is daar ’n klomp faktore om in ag te neem, soos byvoorbeel­d die grootte, ontwerp, duursaamhe­id, akkuraathe­id en ook hoe skerp dit is. Ons kan oor baie tegniese aspekte praat, maar dit sal waarskynli­k nie van praktiese waarde vir die meeste boogjagter­s wees nie, daarom gaan ek dit eerder vermy.

Dit is egter belangrik om te weet dat die werking van ’n pyl baie verskil van dié van ’n koeël. ’n Pyl werk soos ’n mes- of spiessteek: dit maak dood deur te sny en bloeding te veroorsaak. Hoe meer skade dit binne die dier veroorsaak en hoe vinniger die dier bloei, hoe meer effektief is die skoot. Indien die pyl-en-jagpuntkom­binasie verkeerd is, kan die dier lank neem om dood te gaan of selfs die skoot oorleef.

Verder moet elke nuwe boogjagter weet dat wild nie met ’n gewone oefenpunt (field point) gejag kan word nie. Al is dié punte skerp en lyk dit soos ’n

koeël is dit geensins effektief om diere mee te jag nie. Selfs ’n skoot in die hart met ’n oefenpunt is ’n groot waagstuk en moenie eers probeer word nie.

DIE ERA VAN MEGANIESE JAGPUNTE

Jare gelede, toe ek met pyl en boog begin jag het, was daar nog baie weerstand teen meganiese jagpunte. Die meeste boogjagter­s het net met vaste punte gejag omdat hulle bang was die meganiese punt gaan nie heeltemal ontplooi wanneer dit die dier tref nie en dan sit jy met ’n gekweste dier. Deesdae jag die meeste boogjagter­s egter met meganiese punte en die gebruik van vaste jagpunte is ver in die minderheid.

Vastelem-jagpunte bestaan al eeue lank, terwyl meganiese punte relatief onlangs ontwerp is. Die eerste modelle wat kommersiee­l vervaardig is, het in die laat-1980’s hul verskyning gemaak. Ek het in 1996 met ’n tradisione­le boog begin jag en het vaste punte verkies. In 2000 het ek ’n kragboog by Don Castrup van PSE gekry en het van die begin af meganiese punte gebruik wanneer ek daarmee jag. Ek het nie ’n enkele geval gehad waar ek ’n bok gekwes of verloor het weens ’n meganiese punt wat nie ontplooi het nie. Nie al die pyle wat ek geskiet het, was goed nie en ek het wel ’n paar bokke gekwes, maar dit was altyd weens my eie tekortkomi­nge en foute, en nie as gevolg van die boog, pyl of jagpunt nie.

Beteken dit dat vastelem- of meganiese jagpunte nooit misluk nie? Nee, dit gebeur soms, maar as jy die punte sorgvuldig kies, seker maak hulle is vlymskerp en alles goed nagaan voordat jy dit gebruik, is die kanse bitter skraal dat hierdie stukkie toerusting jou sal faal.

Ek het natuurlik ook seker gemaak dat ek meganiese jagpunte gebruik wat deeglik getoets en duursaam is. Destyds was Rocket Steelheads nog redelik nuut op die mark, maar Adriaan Rall, ’n baie ervare boogjagter, het dit getoets en aanbeveel. Hy was nie verkeerd nie. Ek het sedertdien baie bokke suksesvol daarmee gejag en gebruik dit steeds.

Daar is deesdae baie meganiese jagpunte wat effektief is en waarskynli­k meer skade doen as die punte van 20 jaar gelede, soos byvoorbeel­d ’n Rage Hypodermic-meganiese jagpunt en ander.

DIE NIMMEREIND­IGENDE DEBAT

Daar is ’n gesegde onder boogjagter­s dat die beste jagpunt die jagpunt is waarmee jy jou laaste bok platgetrek het. Dit is ook waarskynli­k waarom die debat oor wat die beste jagpunt is nooit sal ophou nie. Soos reeds genoem, glo baie boogjagter­s dat net vaste jagpunte vertrou kan word, terwyl ander reken dit vlieg nie dieselfde as hulle oefenpunte nie en daarom verkies hulle meganiese jagpunte. Sommige jagters gebruik punte met drie of vier lemme terwyl ander tweelem-jagpunte verkies.

Op navraag by boogjagwin­kels is dit duidelik dat Rage se meganiese jagpunte tans die beste verkoop. Die rede hiervoor is die lemme se groot snyoppervl­akte wat baie skade doen wanneer dit deur die bok sny. Meganiese punte is maklik om in te stel en dié punte vlieg net soos die punte waarmee boogjagter­s oefen. Die jagter weet dus wanneer hy ’n pakkie »

 ??  ??
 ??  ?? ’n Gemsbok wat met ’n meganiese punt met ’n snywydte van 2” geskiet is.
’n Gemsbok wat met ’n meganiese punt met ’n snywydte van 2” geskiet is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: ’n Duidelik bloedpsoor op sand.
ONDER: African Pathfinder­tweelem-jagpunte wat in SuidAfrika vervaardig word.
LINKS: ’n Duidelik bloedpsoor op sand. ONDER: African Pathfinder­tweelem-jagpunte wat in SuidAfrika vervaardig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa