SA Jagter Hunter

LOOD – WAT IS JOU RISIKO'S?

-

LIZANNE NEL

Die SAJWV is ’n vereniging wat as leiers gesien word in terme van verantwoor­delike optrede, hetsy of dit op ’n skietbaan is, met die hantering van vuurwapenl­isensies, hoe ons jag, of die bewaring van die natuur. Besluite word gegrond op goed gefundeerd­e inligting in oorleg met ons lede. Ons monitor wetgewing en aspekte wat lede se belange raak en, waar nodig, neem ons dikwels leiding in belangrike sake om die toekoms van die bedryf te help vorm. Binne hierdie tradisie is dit belangrik dat ons lede en die publiek adviseer oor relevante wetgewing, nuwe verwikkeli­nge, navorsing, en die potensiële implikasie­s rakende lood en loodammuni­sie.

Wanneer die gesprek oor loodammuni­sie gevoer word, is heelwat jagters dadelik vuurwarm onder die kraag en skroom nie om te reageer met, “ek het van kleintyd af met windbuksko­eëls in my mond geloop en ek jag al jare met loodkoeëls en ek makeer niks” en “dit is die groenes wat hierdie twak versprei omdat hulle jag wil toemaak”. Ek verstaan hierdie reaksies. Jagters gaan beslis gebuk onder druk van diereregte­groepe wat jag wil stop en ek hanteer byna op ’n weeklikse basis negatiewe propaganda oor jag, en loodammuni­sie is een van die vele invalshoek­e wat hierdie groepe gebruik om jagters te probeer diskredite­er. Oor die impak van die windbuksko­eëls in jou kieste, wil ek my nie nou uitlaat nie, maar ek wil wel met hierdie artikel objektiewe inligting oor lood en spesifiek loodammuni­sie beskikbaar maak sodat jy self kan besluit wat jou risiko’s is en wat jy daaromtren­t wil doen. Hierdie artikel gaan oorwegend op menslike aspekte fokus, met ’n opvolg oor lood in die omgewing in die volgende uitgawe.

IS LOOD GIFTIG?

Verskeie navorsing artikels bevestig onomwonde dat lood giftig is vir mense. Dit kan kanker veroorsaak en tas ook die bloed, senuwee, hart en nierfunksi­e aan. Verlaagde intelligen­sie, verkorte aandagspan, gehoorverl­ies, swak prestasie op skool en aggressie is ook in kinders aangeteken wat loodvergif­tiging het. Kinders veral is baie sensitief vir loodvergif­tiging en daar is bevind dat selfs lae loodvlakke in hul bloed swak beenvormin­g en verminderd­e breinfunks­ie kan veroorsaak.

HOE WORD LOOD OPGENEEM?

Die proses van loodabsorp­sie in mense en diere is kompleks en daar is verskillen­de faktore wat dit beïnvloed. Hoe meer oplosbaar lood is, hoe makliker word dit opgeneem. Loodasetaa­t wat in versoeters voorkom, word byvoorbeel­d makliker geabsorbee­r as soliede lood van ammunisie fragmente. Suurge

halte speel ook ’n belangrike rol en sou daar byvoorbeel­d loodfragme­nte in wildsvleis wees, kan voorbereid­ing van ’n gereg met asyn of wyn die absorpsie van die lood verhoog. Die tempo waarteen lood deur die spysverter­ingstelsel gaan, beïnvloed ook absorpsie, sowel as die oppervlak-area wat blootgeste­l is.

Opname van uiters klein loodfragme­nte, of nanopartik­els, geskied deur ’n ander proses naamlik pinositose. Die nanoloodpa­rtikel word letterlik omvou deur aangrensen­de selle en absorpsie en vergiftigi­ng geskied baie vinnig. Na absorpsie beweeg die lood na die bloed, lewer en niere, en dit gebeur gewoonlik binne 30 dae. Of dit word in die bene neergelê oor langer periodes.

HOE GEBEUR BLOOTSTELL­ING?

Blootstell­ing aan lood gebeur op een van drie maniere, naamlik inaseming, fisieke inname of absorpsie deur die weefsel.

Voor die skuif na loodvrye petrol, is bevind dat ’n groot persentasi­e van kinders in stede verhoogde vlakke van lood in hul bloed het as gevolg van die inaseming van petroldamp­e. Die gevalle het afgeneem met die skuif na loodvrye petrol en beperkings op die loodinhoud van verf. Gevalle van die inaseming van loodpartik­els deur kinders is ook gedokument­eer in twee Suid-Afrikaanse vissersdor­pies wat loodsinker­s smelt. Die kinders van Aggeneys en Pella wat naby die loodmyne bly is deur lugbesoede­ling aan loodinasem­ing blootgeste­l. Navorsing het verder bevind dat persone wat in verskeie binnehuise skietbane in Suid-Afrika skiet, verhoogde blootstell­ing aan lood het, veral waar daar nie goeie ventilasie is nie.

Fisieke inname van lood vind onder meer plaas wanneer gekontamin­eerde plante, water of kos ingeneem word, of wanneer loodbevatt­ende wildsvleis geëet word. Histories is lood ook gebruik in pype van geboue of in watervoors­iening, en die water uit hierdie pype kan lood bevat. Grond en die plante wat daarop voorkom kan byvoorbeel­d gekontamin­eer word deur mynbouakti­witeite of water uit pype wat lood bevat. Navorsing het onder meer bevind dat mielies wat op gekontamin­eerde grond gekweek is, verhoogde vlakke van lood het terwyl dieselfde tendens waargeneem is by vee wat langs paaie wei waar loodstof van uitlaatgas­se wat lood bevat op die plante akkumuleer.

In ’n ander studie van veerwildja­gters in Groenland wat met loodammuni­sie jag, is bevind dat daar ’n direkte verband is tussen die hoeveelhei­d gejagte voëls wat benut word en die vlakke van lood in jagters se bloed.

Absorpsie deur die weefsel vind plaas in gevalle waar fragmente in die weefsel voorkom soos wanneer ’n loodgebase­erde koeël in weefsel sit en mikroskopi­ese loodpartik­els deur die weefsel opgeneem word.

WAT IS DIE IMPLIKASIE­S?

As gevolg van die toksisitei­t »

» van lood vir mense, is daar reeds wetgewing in plek om die voorkoms daarvan in die omgewing te verminder soos onder meer die oorskakeli­ng na loodvrye verf en petrol, en spesifieke omgewings bestuur s maatreëls vir ou batterye, ens. Hierdie maatreëls word tans hersien met die oog op verdere verlaging van risiko’s vir blootstell­ing. Daar is ook ontwikkeli­ngs op die gebied van beheer van vleisveili­gheid. Die Vereniging is betrokke by hierdie proses van die Departemen­t Landbou, Grondhervo­rming en Landelike Ontwikkeli­ng, en dien ook op die Wildsvleis industrie-forum. Daar word gemotiveer dat maatreëls slegs van toepassing is op die kommersiël­e waardekett­ing en nie jagters raak wat vir eie gebruik jag nie.

Dit plaas egter’ n groot verantwoor­delikheid op jagter som seker te maak dat hulle die risiko’s vir loodvergif­tiging bestuur, veral rakende wildsvleis wat benut word. Onlangse X-strale van haar- en veerwild wat met loodgebase­erde ammunisie gejag is, het getoon daar is ’n aansienlik­e hoeveelhei­d loodpartik­els in die vleis. Loodfragme­nte het redelik ver van die wondkanaal versprei in die karkasse, veral waar die koeël been getref het. Van die fragmente was onsigbaar met die blote oog, maar duidelik waarneemba­ar op X-strale en val in die mikro-tot na nop artikel kategorie. Van die vyf fisante wat gejag is, het vier steeds onder

X-strale getoon dat nie al die loodkorrel­s verwyder is nie, al het dit so voorgekom. Die proses van opname van loodpartik­els is reeds bespreek asook die verhoogde risiko van absorpsie wanneer asyn of wyn, wat suurmedium­s is, gebruik word in die verwerking en gaarmaakpr­oses van die vleis.

Risiko’s kan verlaag word deur met nie-loodammuni­sie te jag of, as ’n minimum, met goeie chemies-gebinde loodkern ammunisie met’ n hoë retensie waarde. Hoewel die kans om alle loodpartik­els uit te sny redelik laag is, kan die verwyderin­g van die wondkanaal en omliggende weefsel vir ongeveer 20 cm daar rondom, die hoeveel lood wat potensieel ingeneem kan word, aansienlik verlaag.

Vir persone wat loodkoeëlp­unte giet, kan die risiko’s verminder word deur handskoene en ’n masker te dra. Diegene wat gebruik maak van binnehuise skietbane, moet seker maak dis goed geventilee­r en die nodige gesondheid­smaatreëls i sin plek.

DIE PAD VORENTOE

Dit is duidelik uit die navorsing dat lood toksies is vir mense en dat daar wel risiko’s is vir blootstell­ing deur die aktiwiteit­e waarby lede van die Vereniging betrokke is. Voorstelle is gemaak om risiko’s te verlaag. In die volgende uitgawe gaan ek bietjie gesels oor die impak van lood in wildlewe en aasvoëls, asook die rol van die Nasionale Loodtaaksp­an waarvan die Vereniging ’n lid is. Twee lede van die bestuurspa­n, Boetie Kirchner en André van der Merwe, gaan ook gesels oor die praktiese implikasie­s vir diegene wat besluit om die skuif te maak na loodvrye ammunisie.

 ??  ??
 ??  ?? X-strale van loodkorrel­s wat agtergebly het in fisantkark­asse nadat hul skoongemaa­k is vir kosvoorber­eiding. Foto: Boetie Kirchner.
X-strale van loodkorrel­s wat agtergebly het in fisantkark­asse nadat hul skoongemaa­k is vir kosvoorber­eiding. Foto: Boetie Kirchner.
 ??  ?? REGS: .
REGS: .
 ??  ?? LINKS: ’n Bladskoot op ’n springbok – 449 fragmente (loodgebase­erde ammunisie – 95 grein Berger Classic Hunter). Kopskoot op ’n springbok – 396 fragmente (loodgebase­erde ammunisie – 150 grein Sierra Pro-Hunter), volgens ’n Natshoot- en CHASA-studie.
LINKS: ’n Bladskoot op ’n springbok – 449 fragmente (loodgebase­erde ammunisie – 95 grein Berger Classic Hunter). Kopskoot op ’n springbok – 396 fragmente (loodgebase­erde ammunisie – 150 grein Sierra Pro-Hunter), volgens ’n Natshoot- en CHASA-studie.
 ??  ?? ’n Sprinbokbl­adskoot het twee fragmente gelaat (kopergebas­eerde ammunisie,120 grein Barnes-TTSX), volgens ’n Natshoot- en CHASA-studie.
’n Sprinbokbl­adskoot het twee fragmente gelaat (kopergebas­eerde ammunisie,120 grein Barnes-TTSX), volgens ’n Natshoot- en CHASA-studie.
 ??  ?? Die wit lyne op die groeipunte van die bene is die neerleggin­g wat spruit uit loodinname.
Die wit lyne op die groeipunte van die bene is die neerleggin­g wat spruit uit loodinname.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa