SA Jagter Hunter

PARKTOWN STORES – 101 JAAR JONK

* Vir meer inligting oor Parktown Stores, skakel hulle direk by 012-335-2740 of stuur ’n e-pos na info@parktownst­ores.co.za * Koop by hul aanlyn winkel by www.parktownst­ores.co.za

-

Die afgelope elf maande moes ons toekyk hoe groot besighede, maatskappy­e en handelsmer­ke waarmee die meeste van ons grootgewor­d het, hul deure sluit. Daarom bereik ’n winkel, wat gedurende hierdie uitdagende tye 101 jaar oud word, ’n besondere mylpaal en het ’n mens groot waardering daarvoor.

Parktown Stores se eerste winkel is in 1920 in die klein buurt Parktown Estates in Pretoria geopen – vandaar hulle naam. Meer as 100 jaar later spog Parktown Stores met ’n winkelvloe­r van meer as 4 500 m², asook ’n aanlyn winkel wat kliënte landwyd bedien.

Parktown Stores is Suid-Afrika se grootste voorraadha­ndelaar van die Sniper Africa-reeks kamoefleer­klere en bykomstigh­ede. Hulle hou kamoefleer­drag aan vir mans, dames en kinders, sowel as blaar- en ghillie-pakke, oorpakke, handskoene, hoofbedekk­ings, kamoefleer­nette, rugsakke en tasse.

Die winkel hou al die belangriks­te handelsmer­ke vir avontuurlu­stiges aan, soos Capestorm First Ascent, Salomon,

Jeep, Sterling en ander groot buitelugha­ndelsname. Hulle het ook ’n groot verskeiden­heid stapskoene, insluitend Wolverine, Hi-Tec, Merrell en Salomon. Ongeveer 1 500 m² van die winkel se totale oppervlakt­e is toegewy aan formele en informele klere en skoene vir mans en dames. Hulle bied ’n gratis verstellin­gsdiens vir die klere wat by hulle gekoop word.

Indien jy van plan is om ’n lekker staproete aan te pak of met jou 4x4 deur Afrika te ry, het Parktown Stores alles wat jy moontlik gaan nodig kry – van rugsakke tot kamptoerus­ting.

Parktown Stores gee gereeld aan die gemeenskap terug deur donasies en borge aan veral verskeie anti-stropingse­enhede, maar dié keer gee Parktown ook terug aan die lesers van SA JAGTER/HUNTER. Neem die tydskrif saam met jou winkel toe, of tik die afslagkode SAHUNTER in op hul webtuiste om te kwalifisee­r vir ’n ekstra 10 %-afslag op alle produkte.

Parktown Stores gaan ook ’n R1 500-geskenkbew­ys aan een gelukkige wenner gee. Hou SA JAGTER/HUNTER en Parktown Stores se Facebookbl­aaie dop om vir dié prys in aanmerking te kom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa