SA Jagter Hunter

HUNT AFRICA LEATHER

JACQUES BOSHOFF

-

Arnold Cloete, die eienaar van Hunt Africa Leather, het op negejarige ouderdom sy eerste leersakkie aanmekaarg­esit. Op so ’n jong ouderdom het die liefde vir leerwerk en hoe om praktiese produkte uit leer te maak, een van sy hoofstokpe­rdjies geword.

Arnold is ’n profession­ele jagter van beroep, en soos ons almal weet, was dit een van die bedrywe wat die hardste deur

Covid-19 getref is. Arnold was toe gedwing om sy stokperdji­e verder te vat ten einde ’n inkomste vir hom en sy gesin te verdien, en só het Hunt Africa Leather ontstaan.

Arnold het begin met sewe verskillen­de produkte en tans staan dit op 140. Die uitbreidin­g van Hunt Africa Leather se produkreek­s het baie te doen met die feit dat Arnold nie skroom om enige spesialisw­erk aan te pak nie.

TACTICAL LITE-LEERBELT

Ek het onlangs vir my die Tactical Lite-leerbelt by Arnold laat maak. Die proses het begin met ’n oproep van hom af waarin hy wou uitvind wat my mates is, watse kaliber ek die meeste gebruik, asook die mes, flits, ens. wat ek aan die belt sal hang. Dit het my ’n lekker gevoel in my hart gegee om te weet dat die produk by my behoeftes sal pas.

Iets van die belt wat dadelik my aandag getrek het, was die feit dat dit aan die binnekant met nylon uitgevoer is. Dit beteken dat die belt nie soos ander leerbelde ná ’n ruk slap sal hang van al die ammunisies­akkies, messe en ander gewig wat dit moet dra nie. Die nylonbinne­wand sal beslis die belt se leeftyd verleng. Ek is ’n aanhanger van die taktiese-tipe nylonbelde omdat jy die belt perfek volgens jou lyf kan stel, maar met die regte afmetings het dié leerbelt net so gemaklik gesit.

Die belde verkoop vanaf R420 met ’n wye reeks opsies en kleure om van te kies.

SAKKIES

Ek het ook Hunt Africa Leather se kombinasie­sakkie vir ’n mes, flits en pen onder oë gehad. Dié spesifieke een was ontwerp vir ’n Leatherman Wave, flits en die skroewedra­aier verlengstu­k van die Leatherman (of jy kan dit vir ’n pen gebruik). Die sakkie het ook ’n hakie waaraan jy jou sleutels kan vasmaak.

Hierdie produk is baie handig vir enige jagter, want alles wat jy in die veld nodig het, is in een sakkie en jy sal nie sommer jou flits in die kamp of by die huis vergeet nie. Jy kan dit natuurlik ook laat pasmaak vir dít wat jy nodig het en sodoende elke dag saam met jou dra. Hierdie sakkies se pryse begin op so R650.

Volgende op die spyskaart was die Leatherman Wave-enkelsakki­e. In die begin is die sakkie redelik hard, maar soos met enige leerproduk, word hy sagter en neem hy ’n gemakliker vorm aan hoe meer ’n mens hom dra. Die Leatherman sit ook lekker diep en veilig in die sakkie. Jy sal dus nie sommer die Leatherman verloor nie, al is die sakkie nie mooi toe nie.

Ek het ook gekyk na Hunt Africa se ammunisieh­ouer wat aan jou belt vaskom. Wat hierdie produk ’n bietjie anders maak, is die feit dat dit oor jou belt skuif en op twee plekke vasmaak sonder dat jy jou belt hoef te verwyder. Dit maak dit baie gemaklik om net aan en af te haal.

Die sakkie het ses van my .308 Win-patrone gehou. Die patrone het lekker stewig gesit en selfs al beweeg jy is daar nie ’n kans dat hulle sal uitval nie. Hulle sit ook redelik ver uitmekaar en kan dus met gemak uitgehaal of ingesit word.

VERKYKERHA­RNAS

Laaste op die lys is die verkykerha­rnas. Hoewel Hunt Africa Leather nie afwyk van die ontwerp wat werk nie, het Arnold wel sy eie stempel daarop afgedruk. Die harnas is verstelbaa­r by die vier punte wat agter op jou rug bymekaarko­m. Die punte pas in ’n mooi stuk leer wat in die vorm van Afrika uitgesny is. Jy kan kies van watter dier se vel jy dié leerstuk wil laat maak.

Al hul produkte word van topgehalte-leer gemaak wat tussen 1,4 mm en 4 mm dik is. Jy kan ook uit ses verskillen­de kleure leer kies.

Ek was hoogs beïndruk met Hunt Africa Leather se produkte, diens en die feit dat jy weet die produk is vir jou pasgemaak. Die wete dat die produkte deur ’n jagter gemaak is, is ook gerusstell­end. Omdat Arnold self baie trots is op sy produkte en net die beste wil bied, is sy leeritems altyd van hoë kwaliteit.

Ná my besoek aan Arnold het ek weereens besef hoe trots ons kan wees op sommige mense van ons land wat gedurende swaar tye innoverend is, topgehalte-produkte plaaslik kan vervaardig en nog steeds hul eie, en in hierdie geval jóú eie, stempel daarop afdruk.

* Vir meer inligting kontak Hunt Africa Leather by 064739-9773 of stuur ’n e-pos na info@huntafrica­leather.com. Besoek hulle webtuiste by www. huntafrica­leather.com of volg hulle op Facebook.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hunt Africa Leather se kombinasie­sakkie.
Hunt Africa Leather se kombinasie­sakkie.
 ??  ??
 ??  ?? Ammunisieh­ouers.
Ammunisieh­ouers.
 ??  ?? Tactical Lite-leerbelde.
Tactical Lite-leerbelde.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa