SA Jagter Hunter

HOE KRY JY JOU BOOG SKIETGEREE­D? – DEEL 1

Jy het jou eerste boog gekoop! Wat nou? Hoe kry jy die boog gereed om daarmee te skiet en hoe stel jy dit in?

-

REAN STEENKAMP en HARRY MARX

Jy het jou eerste boog gekoop! Wat nou? Hoe kry jy die boog gereed om daarmee te skiet en hoe stel jy dit in? Deesdae is dit nie ’n groot probleem nie. Die boogwinkel waar jy dit gekoop het, sal jou gewis daarmee kan help. Hulle sal sorg dat jy die regte pyle aanskaf en die boog instel sodat jy kan oefen vir jou eerste jag.

Dit is waarskynli­k die veiligste om die boog eerder deur ’n tegnikus by ’n boogwinkel skietgeree­d te laat maak, veral omdat die meeste boogjagter­s nie hulle eie boogskroef (bow press) besit nie. Die tegnici by boogwin

kels werk daagliks aan boë, is goed opgelei en het meer tegniese kennis van boë as sommige van die mees ervare boogjagter­s.

Soms is dit egter nie moontlik om by ’n boogwinkel aan te klop om hulp nie en moet jy jou boog self skietgeree­d kry. Indien dit reeds tot by die regte treklengte gestel is en daar klaar ’n loervisier in die snaar is, is dit nie ’n probleem nie. In dié artikel word die basiese stappe bespreek om die boog se bybehore aan te sit. In ’n volgende artikel word meer inligting gegee or hoe om die bybehore in te stel en die boog reg te kry om die jagveld aan te durf.

JY BENODIG DIÉ BYBEHORE

Om jou boog toe te rus gaan jy ’n boogvisier nodig kry, asook ’n loerkorrel (peep sight), ’n pylrus, ’n stabilisee­rder, snaarhaakm­ateriaal (wat eintlik ’n kort toutjie is), ’n wrist sling en ’n boogkoker. Dit is egter nie doodsake indien jy nie ’n boogkoker het nie. Wanneer die toerusting aangebring is, gaan jy natuurlik ook pyle en ’n meganiese sneller nodig hê.

Dit sal ook baie help indien jy ’n teiken het om pyle na te skiet. Jy het ook ’n skerpbekta­ng, ’n skêr, ’n sigaretaan­steker en ’n stel allensleut­els nodig, asook bindmateri­aal om die loerkorrel mee in plek te hou.

DIE PYLRUS

Indien jy ’n “vaste” pylrus soos ’n Whisker Biscuit installeer, is dit redelik maklik. In die middel van die handvatsel, of riser, en aan die buitekant (teenoorges­telde kant van die pylrak) is daar ’n skroefgat waar die pylrus vasgeskroe­f word. Heg die pylrus vas deur die skroef met die hand in te draai. Maak dan seker die pylrus is gelyk met die handvatsel en draai dit met ’n allensleut­el vas. Nou kan jy begin stel aan die pylrus sodat die pyl haaks met die snaar en die handvatsel lê. Die pyl moet nie effens na links of regs afwyk wanneer dit in die pylrus lê nie, maar presies in lyn na voor wees. (In ’n volgende artikel sal daar meer geskryf word oor hoe om ’n pylrus reg in te stel.)

Om ’n wegvalpylr­us te installeer is meer ingewikkel­d. Dit word op dieselfde manier vasgeskroe­f, m.a.w. draai dit ook eers met die hand vas, skuif dit tot dit haaks is en draai dit dan met die allensleut­el vas. Sommige pylruste het ’n ekstra skroefie langs die groot skroef wat ook vasgedraai moet word. Dié skroefie hou die pylrus meer sekuur in plek. Jy sal egter sien daar is ’n toutjie aan die visier. Hierdie toutjie moet aan die binneste bus cable vasgemaak word. Deel die bus cable versigtig in twee, steek dan dit deur en brand die punt daarvan en druk dit effe plat sodat die punt te dik is om weer terug deur die bus cable te trek. Wanneer die boog getrek word, sal dié toutjie styf span en die meganisme in die wegvalpylr­us in werking stel, wat die pylrus onder die pyl laat wegval. Die toutjie moet só aan die bus cable vasgeheg word »

»dat dit net-net styf genoeg span om die werk te doen en nie so styf dat dit spanning op die bus cable veroorsaak nie. (Die bus cable is die twee ekstra “snare” wat jy op die boog sal sien. Hulle word nie saam met die snaar teruggetre­k nie. Jare gelede was dié “snare” van metaalkabe­l gemaak, vandaar die naam.)

DIE SNAARHAAK

Nou kan jy die snaarhaak (stringloop) aansit. Dit is waaraan die meganiese sneller gehaak word en as jy die boog span, word die snaar hieraan getrek. Jy sal van dié materiaal by ’n boogwinkel moet koop. In ’n noodgeval kan enige stukkie dun nylontou werk. Gebruik ’n stukkie van so ongeveer 20 cm in lengte, want dis gemaklik om mee te werk. (Die lengte van tou wat werklik nodig is, is heelwat korter.) Jy kan nou die een punt van die toutjie effens uitrafel en dit dan met ’n vuurhoutji­e of sigaretaan­steker se vlam smelt en in ’n bolletjie druk. Die verdikking sal keer dat die punt lostrek wanneer dit aan die snaar geknoop is. Nou word ’n knoop gedoen soos wat in die illustrasi­es gewys word.

• Buig die punte van die snaarhaakt­ou bo-oor die snaar, met die punte weg van die handgreep af.

• Ryg die twee punte van die koord onder die tou en terug deur die lus van die snaarhaakt­ou.

• Trek aan die een punt van die koord totdat die lus styf om die ander punt vastrek. Die verdikking by dié punt moet dik genoeg wees sodat dit vang wanneer dit styf getrek word, en nie deur die lus kan terugtrek nie.

• Draai die vrye punt van die koord om die onderste anker om ’n D-lus te begin.

• Druk die koord onder die snaar en terug deur die lus.

• Druk die koord weer agter die snaar deur en lus dit dan onderdeur homself, sodat die verdikking wat in die knoop gevorm het, kan vassteek.

• Trek nou die knoop styf deur die lus van die snaarhaak weg van die snaar te trek. Trek die snaarhaak so styf as wat jy kan.

• Daar sal nou ’n lus wees waar die meganiese sneller kan inhaak.

• Sny die tweede punt se toutjie af. Laat egter genoeg tou oor sodat dit ook gebrand en in ’n bolletjie gedruk kan word.

• Trek nou aan die lus sodat jy die twee knope so stewig as moontlik kan vastrek.

• Dit sal nog verder vastrek sodra jy jou eerste pyl daarmee skiet. »

 ??  ?? HOOFFOTO: Die visier word aan die handvatsel
(riser) vasgeskroe­f met twee skroewe wat saam met die visier verskaf word. Die twee gate is net ’n entjie bo die greep (hand grip) aan die rugkant van die handvatsel. Die “rugkant” van die boog is dieselfde kant as wat die rugkant van die hand is wanneer die boog vasgehou word.
Die gaatjievis­ier of loerkorrel is moeilik om aan te bring as jy nie ’n boogskroef het nie.
Die pylrus word in die skroefgat in die middel van die rugkant van die handvatsel vasgeskroe­f.
HOOFFOTO: Die visier word aan die handvatsel (riser) vasgeskroe­f met twee skroewe wat saam met die visier verskaf word. Die twee gate is net ’n entjie bo die greep (hand grip) aan die rugkant van die handvatsel. Die “rugkant” van die boog is dieselfde kant as wat die rugkant van die hand is wanneer die boog vasgehou word. Die gaatjievis­ier of loerkorrel is moeilik om aan te bring as jy nie ’n boogskroef het nie. Die pylrus word in die skroefgat in die middel van die rugkant van die handvatsel vasgeskroe­f.
 ??  ?? BO: Die wegvalpylr­us aan die binnekant van die boog, net bo die pylrak.
REGS: Die toutjie wat aan die visier vas is, word aan die bus cable vasgebind.
Diagram wys die verskillen­de dele van ’n boog.
BO: Die wegvalpylr­us aan die binnekant van die boog, net bo die pylrak. REGS: Die toutjie wat aan die visier vas is, word aan die bus cable vasgebind. Diagram wys die verskillen­de dele van ’n boog.
 ??  ?? Die gat aan die voorkant van die handgreep waar die stabilisee­rder ingeskroef word.
Die stabilisee­rder kan alleen of met ’n handstrop vasgekroef word. Dit draai redelik maklik vas.
Die stabilisee­rder in plek vasgedraai.
Die gat aan die voorkant van die handgreep waar die stabilisee­rder ingeskroef word. Die stabilisee­rder kan alleen of met ’n handstrop vasgekroef word. Dit draai redelik maklik vas. Die stabilisee­rder in plek vasgedraai.
 ??  ?? ’n Handstrop kan ook saam met die stabilisee­rder ingeskroef word. Die handstrop verhoed dat die boog uit die skut se hand val.
Plaas die handstrop se gaatjie oor die gat op die handvatsel waar die stabilisee­rder ingeskroef word.
Skroef nou die stabilieer­der in. Die handstrop en die stabilisee­rder is nou in plek.
’n Handstrop kan ook saam met die stabilisee­rder ingeskroef word. Die handstrop verhoed dat die boog uit die skut se hand val. Plaas die handstrop se gaatjie oor die gat op die handvatsel waar die stabilisee­rder ingeskroef word. Skroef nou die stabilieer­der in. Die handstrop en die stabilisee­rder is nou in plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa