SA Jagter Hunter

IN DIE HART VAN KREMETARTW­ÊRELD

In die skaduwee van die ou grotes.

-

In die skaduwee van die ou grotes.

Vanaf die uitkykpunt oor die vlakte staan die kremetartb­ome soos soldate wag in die veld terwyl ’n paar kameelperd­e lui in die hitte van die dag van koelteboom tot koelteboom stap.

Alles op Limpopo View buite Musina herinner ’n mens daaraan dat jy ’n oeroue landskap betree. Die Matopos-klippe, rare geomorfolo­giese verskynsel­s wat hier en in dele van Zimbabwe voorkom, het al vir eeue spritiuele betekenis vir die mense in die omgewing. En dan al die kremetartb­ome wat te veel is om te tel. Daar is ’n paar reuse op dié plaas en selfs een wat 28 meter in deursnee is. En hoewel baie in die wêreld verander het sedert dié bome nog klein opskietpla­ntjies was, kry Limpopo View dit reg om jou te laat vergeet van daardie wêreld.

Op hierdie 2 800 hektaarpla­as word baie dinge reg gedoen. Die wild is spekvet en volop, van rooibokke tot blouwildeb­eeste, elande, gemsbokke, waterbokke en vele meer. Omdat daar min hier gejag word, is die diere nie wild geskiet nie. Jy gaan wel werk vir jou bokke. Van »

» die terrein is klipkoppie­s wat jou stewige klim-en-klouter bied, maar dan die deel op die plaas wat hulle die “plains” noem, is presies dit: ’n vlakte gespikkel met die ewige kremetartb­ome en watergate waar die wild vroegoggen­d vergader voordat hulle in die digte bosse verdwyn. En luiperdspo­re in die sagte sand herinner jou dat jy ook in jou eie spore moet trap.

Die SA JAGTER/HUNTERspan het onlangs die plaas besoek om produkte vir artikels te toets en te jag. Die goeie reën kort voor ons besoek het die plaas in lang gras en welige bos getooi. Vanaf die ander uitkykpunt kyk ’n mens in Zimbabwe in terwyl die Limpoporiv­ier, wat gewoonlik hier onder die sand loop, voor jou verby vloei. Trouens, tydens ons besoek het al die riviere en stroompies, wat gewoonlik droog is, gevloei. Dit het egter ook beteken dat die veld ruig was en die diere het meer as een keer wegkruiper­tjie gespeel en gewen.

Daar is twee kampe op die plaas: Kate’s Hope en Limpopo View. Ons tuiste vir die paar dae was Kate’s Hope. Hierdie kamp, met slaapplek vir tien mense in drie afsonderli­ke chalets, staan tussen koors- en doringbome op die walle van die Njeleleriv­ier (’n sytak van die Limpopo) en dis niks vreemd as ’n troppie njalas die kamp kom besoek nie. Elke chalet is toegerus met ’n lugversorg­er wat onontbeerl­ik is in die 30 grade-plus temperatur­e van Musina. Apart van die chalets is daar die kombuis en kuierarea wat bestaan uit ’n eetplek, sitkamer en buiteboma vir die aande om die vuur. Die kombuis is toegerus met alles wat jy moontlik kan nodig hê.

Die kamp het ook ’n swembad en ontspannin­gsarea en is ideaal as die hele gesin saamkom om uit te span.

Limpopo View behoort aan Neels en Rita Potgieter en, benewens jagte vir sy eie personeel en vriende, word andersins baie min op die plaas gejag. Daar is wel een uitsonderi­ng: die jaarlikse jag wat hy borg as deel van ’n geldinsame­ling vir die NG Moedergeme­ente in Delmas (sien advertensi­e op bl. 53). En later vanjaar is daar ook vir ’n gelukkige leser van SA JAGTER/HUNTER ’n gesinsnawe­ek op dié plaas te wen. Hou gereeld die tydskrif dop vir meer inligting daaroor.

Limpopo View is voorwaar ’n spogplaas en ’n Bosveldbes­temming soos min.

 ??  ??
 ??  ?? O : kremetartw­êreld by uitstek, en daar is ’n hele klompie van hierdie antieke reuse op die plaas.
O : kremetartw­êreld by uitstek, en daar is ’n hele klompie van hierdie antieke reuse op die plaas.
 ??  ??
 ??  ?? BO LINKS: ’n Nuuskierig­e kameelperd hou ’n oog op die bakkie. REGS: Sonsaktyd oor die Limpopoval­lei.
BO LINKS: ’n Nuuskierig­e kameelperd hou ’n oog op die bakkie. REGS: Sonsaktyd oor die Limpopoval­lei.
 ??  ?? BO LINKS: Limpopo View se Matopos-klipformas­ie. REGS: ’n Uitkyk oor die Njeleleriv­ier vanaf die Kate’s Hope-kamp. Die Njelele is ’n sytak van die Limpoporiv­ier.
BO LINKS: Limpopo View se Matopos-klipformas­ie. REGS: ’n Uitkyk oor die Njeleleriv­ier vanaf die Kate’s Hope-kamp. Die Njelele is ’n sytak van die Limpoporiv­ier.
 ??  ?? LINKS: Een van Limpopo View se uitsoek-rooibokram­me. REGS: Die voertuig verleen skaal aan die reusagtige kremetartb­oom.
LINKS: Een van Limpopo View se uitsoek-rooibokram­me. REGS: Die voertuig verleen skaal aan die reusagtige kremetartb­oom.
 ??  ??
 ??  ?? FOTO’S: Die Kate’s Hope-kamp is ’n baie gemaklike en welkome lushof in die bos.
FOTO’S: Die Kate’s Hope-kamp is ’n baie gemaklike en welkome lushof in die bos.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? ’n Luiperdspo­or in die sand. Die .30-06-patroon verleen skaal.
’n Luiperdspo­or in die sand. Die .30-06-patroon verleen skaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa