SA Jagter Hunter

PADLANGS

- JOHAN VAN WYK

Nie te lank terug nie het ek my in die kluis van een van Suid-Afrika se topgeweerv­ersamelaar­s bevind. Rondom my – teen die mure en op die vloer – was ’n versamelin­g vuurwapens van alle soorte waaroor die meeste van ons net kan droom, en die name van die makers wat in die staal gegraveer was, het soos ’n Hollywood-rooitapytg­astelys van die geweerwêre­ld gelees.

Terwyl ek daar gestaan het, moes ek onwillekeu­rig dink aan wat die situasie oor ’n dekade of twee van nou af gaan wees. Dat modes en smake net so gereeld soos die jaar se seisoene verander, is ’n feit, maar dat sekere dinge tydloos is, is gewis ook so. Mooi bly mooi, en dat daar altyd mense sal wees wat die mooi van ’n pragvuurwa­pen waardeer, is ’n gegewe.

Wat egter vir my opvallend is, is dat ek telkemale baie (en interessan­te) terugvoer van ’n verskeiden­heid jagters en vuurwapenl­iefhebbers kry elke keer wanneer ’n artikel oor klassieke, ou versamelaa­rswapens in SA JAGTER/HUNTER verskyn. Wat veral verblydend is, is dat baie van hierdie terugvoer van betreklike jong mense af kom, wat op sy beurt weer vir my sê dat die passie in ons land vir jag en goeie vuurwapens blakend gesond is, al die nuwe giere en geite desnieteen­staande. Ek hoop van harte dat dit iets is wat die SAPD in ag neem wanneer daar in hogere kringe oor breedvoeri­ge veranderin­ge aan die Wet op Vuurwapenb­eheer gedebattee­r word.

Met die jagseisoen in volle gang (en hierdie keer hopelik sonder die swaard van die gewraakte virus wat oor ons almal se koppe hang) is daar ’n tasbare opgewonden­heid wat in geweerwink­els bespeur kan word. As ek kyk na die aankope wat gedoen word, is dit duidelik dat behoorlike voorbereid­ing vir die jagseisoen gedoen word, en ek hoop van harte dat almal – wildboere, jaguitrust­ers en jagters insgelyks – se planne vir dié jaar se wintermaan­de sal realiseer.

Rakend SA JAGTER/HUNTER, is die tydskrif vanaf hierdie uitgawe tot en met die Augustus-uitgawe weer maandeliks op die winkelrakk­e. Soos in die verlede, poog ons om ’n goeie mengsel van vermaak en tegniese kennis aan ons lesers voor te sit, maar addisionel­e dinge waarna in die toekoms uitgesien kan word, is interessan­te artikels oor 4x4-veldry, sowel as heerlike nuwe maniere om wildsvleis voor te berei. Hou dus gerus die rakke in die volgende paar maande dop.

Wat ons sosiale media aanbetref, sal daar ook gedurende Mei ’n paar interessan­te kompetisie­s geloods word waarmee gelukkige SA JAGTER/HUNTERlese­rs pragpryse kan wen. Indien jy dus nog nie by ons Facebook-blad aangesluit het of ons webtuiste (www.sajagterhu­nter. com) besoek het nie, is nou ’n goeie tyd om dit wel te doen.

Ek wens jou en jou gesin ’n gelukkige en voorspoedi­ge jagseisoen toe en, soos altyd, wees veilig!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa