SA Jagter Hunter

SNELVUUR

-

Namibië se minister vir omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, sê die regering is nie verplig om boere te vergoed wie se vee en oeste deur wilde diere beskadig word nie omdat daar nie só ’n beleid in plek is nie.

Ongeveer 1 350 lewende hawe, insluitend beeste, skape, bokke, donkies en perde, is laas jaar deur roofdiere doodgemaak. Dié insidente het in verskeie bewaringsa­reas, en op gemeenskap­like grond en hervestigd­e plase plaasgevin­d. Shifeta het erken dat daar ’n manier gevind moet word om boere te vergoed, maar dat direkte vergoeding aan individuel­e boere te duur is. Die regering kompenseer tans boere deur middel van ’n skema waardeur boere ’n bedrag per dier kry wat ver onder markwaarde is.

Shifeta het hierdie stellings gemaak terwyl hy gereageer het op vrae in die parlement oor die regering se plan met die opbrengs uit die opveil van olifante. (Bron: Namibian)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa