SA Jagter Hunter

HOE KRY JY JOU BOOG SKIETGEREE­D? – DEEL 2

Stel jou pylrus op jou boog só in.

-

Stel jou pylrus op jou boog só in.

REAN STEENKAMP en HARRY MARX

Indien jou boog reg opgestel is, sal jy die kol maklik kan tref, maar die teenkant is dat jy nie akkuraat gaan skiet as jy die opstelwerk verbrou nie. Dit is dus duidelik dat wanneer dit by akkuraathe­id kom, die korrekte opstel van die boog die heel belangriks­te faktor is.

Let wel: daar is ’n verskil tussen akkuraathe­id en presieshei­d. Om klein groepering­s te skiet is presieshei­d, en om in die kol te skiet is akkuraathe­id. In hierdie artikel fokus ons meer op presieshei­d. Sodra goeie groepering­s bereik word, kan ons later kyk na akkuraathe­id.

Vir klein groepering­s met ’n kragboog is die volgende uiters belangrik (aangesien tradisione­le boë heeltemal anders werk, praat ons nie nou daaroor nie):

• Die pyl se styfheid (spine);

• die pylrusvers­telling;

• die pyl se nokhoogte (’n nok is die pylhaak agter op die pyl wat in die snaar haak); en

• hoe reguit die pylnok gelanseer word.

PYLSTYFHEI­D

Die pyl se styfheid of spine is kompleks genoeg vir ’n hele artikel op sy eie. Nodeloos om te sê, ons neem aan jy het darem die fabrikaat se tabelle gevolg, want dit behoort jou naby aan ’n goeie vlug te bring. Vir kragboë met ’n wegvalpylr­us bepaal die styfheid die vibrasieto­onhoogte en so die effektiewi­teit van die energieoor­drag van die boog na die pyl en minder die groepering.

PYLRUSVERS­TELLING EN NOKPUNT

Ons wil ’n klein bietjie hierby stilstaan. Oor die algemeen, trek enigiets beter as jy dit reguit gooi. Die doel van pylrusvers­tellings is dus om die nokpunt presies agter die pyl se gewig te plaas, anders gaan die snaar die pyl sywaarts of vertikaal druk en dus nie net die pyl skuins lanseer nie, maar ook onnodig laat buig en vibreer.

Vibrasie, daarenteen, versteur die lug rondom die vere en werk die pyl se rotasie teë. Dit mors ook energie en maak ’n geraas. Dit sal veroorsaak dat die pyl op enaf( porpoise )ofheenenwe­er (fishtail) beweeg, of nóg erger, in ’n spiraal tol.

Hoe kry jy dan die noklyn en die pylrus in lyn met mekaar? Dit verg ’n paar stappe wat in die boogwinkel en later op die skietbaan begin. Eerstens word die D-lus effens hoër (so 5 tot 6 mm) as haaks op die snaar

gebind. Dit word sommer in die winkel al gedoen. Hierdie is die pyl wat amper haaks met die snaar is wanneer die pylskag op die Berger-gate se hoogte gehou

word. (Die Berger-gate is waar die pylrus in die boog vasgeskroe­f word.) Ek moet egter noem dat ondervindi­ng my geleer het dat ek gewoonlik meer sukses met wegvalpylr­usse het as ek die nokpunt effens laer bind – selfs onder die Berger-gate (1 tot 2 mm).

Die volgende stap, ook in die winkel, is die stel van die pylrus self. Dit word so opgestel dat die pyl in die middel van die boog lê wanneer dit vol gespan is. Dit is egter net ’n beginpunt, want soos die boogskutte­r die boog trek, is daar heelwat ongebalans­eerde kragte wat die snaar effens weg van die middellyn trek. Ons kom later terug hierna. »

» Vir wegvalpylr­uste is daar nog ’n veranderli­ke waaroor daar twee gedagtesko­le is: Die eerste wil die pyl so lank moontlik ondersteun, en die wegvalpylr­us word dus opgestel om so lank as wat dit kan, regop te staan.

Die ander skool (waarby ek aanklank vind) probeer die pyl so gou moontlik vrylaat sodat min boogvibras­ies en handbewegi­ngs na die pyl oorgedra word. Dit maak egter nie saak watter een van die twee gedagtesko­le jy volg nie, as die een wat jy kies nie die verlangde resultaat lewer nie, probeer dan die ander opsie.

Nou kan ons met die pret begin en uiteindeli­k die nuwe boog ’n trek gee. Aangesien jou presiese skiethoudi­ng ’n invloed het, is die eerste stap om die pyllanseri­ng met ’n papierinst­elling te korrigeer. Staan so ongeveer 1 tot 2 m vanaf ’n gespalkte papiervel en skiet deur die papier na die pylstop. Let presies op waar jy mik, aangesien die pyl baie laer as die siglyn lanseer.

Die doel is om ’n mooi ronde gaatjie reg in die middel van die vere se drie geskeurde speke te skiet. Die kans is goed dat jy ’n pylskagske­ur gaan sien wat aandui dat die pylrus nog nie op die optimale posisie vir die dinamiese karakter van die lansering is nie. As die skeur byvoorbeel­d na links uitwyk, beteken dit die punt van die pyl verlaat die boog na links. Verstellin­gs van die pylrus na regs behoort die punt in lyn te bring. Maak klein verstellin­gs van so 1 mm, en probeer om nie te ver van die middel af weg te stel nie.

As die boog nie mooi gate hierna skiet nie, skort daar iets anders, heel moontlik die sinkronisa­sie, of miskien wringkrag op die greep. Indien jy egter ’n mooi, klein, ronde skeur kry, kan ons met die volgende stap begin. Die plan is om die pylvlug oor lang afstande (50 m) te stel om saam met die lanseerrig­ting te val. Hiertydens skiet ons met byvoorbeel­d die 50 mvisier en dit word ook gebruik om op 3 m te skiet (dit werk omdat die pyl so ver onder die siglyn lanseer). Stel dus die pylrus om op 3 m presies in ’n 5 mmkolletji­e te skiet. Stap dan te- »

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? FOTO’S BO EN ONDER: Verskillen­de soorte pylrusse.
FOTO’S BO EN ONDER: Verskillen­de soorte pylrusse.
 ??  ?? Harry anker sy snellerhan­d agter sy oor en maak seker dat hy die snaar loslaat sonder dat handbewegi­ngs enige invloed het op die pyl se vlug.
MAY 2021
Harry anker sy snellerhan­d agter sy oor en maak seker dat hy die snaar loslaat sonder dat handbewegi­ngs enige invloed het op die pyl se vlug. MAY 2021
 ??  ?? Pyle met 340, 400 en 500 spine of pylstyfhei­d.
Pyle met 340, 400 en 500 spine of pylstyfhei­d.
 ??  ?? Die nok of pylhaak waarmee die pyl aan die snaar gehaak word.
Die nok of pylhaak waarmee die pyl aan die snaar gehaak word.
 ??  ?? Nokpunte – waar die nok of pylhaak op die snaar gehaak word.
Nokpunte – waar die nok of pylhaak op die snaar gehaak word.
 ??  ?? LINKS: Dié pyl trek perfek. BO: Die skeur is na regs, die pylrus moet dus na links verstel word. REGS: Die pyl se agterkant skeur die papier na onder toe wat ’n
tail low genoem word. Die snaarhaak of nok moet in só ’n geval effens na bo geskuif word.
LINKS: Dié pyl trek perfek. BO: Die skeur is na regs, die pylrus moet dus na links verstel word. REGS: Die pyl se agterkant skeur die papier na onder toe wat ’n tail low genoem word. Die snaarhaak of nok moet in só ’n geval effens na bo geskuif word.
 ??  ??
 ??  ?? BO EN ONDER:
’n Blouwildeb­ees en ’n rooibok wat die knie moes buig voor ’n boog wat reg ingestel was.
BO EN ONDER: ’n Blouwildeb­ees en ’n rooibok wat die knie moes buig voor ’n boog wat reg ingestel was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa