SA Jagter Hunter

SA JAGTERS EN AANPASSING BY VERANDERIN­G

-

ANDRÉ VAN DER MERWE

Covid-19 het die wêreld soos ons dit geken het erg deurmekaar­gekrap, beperkings op ons geplaas en in sekere opsigte ons lewens onherroepl­ik verander. Die afgelope jaar (sedert April 2020) leef ons in Suid-Afrika onder omstandigh­ede wat dit finansieel vir baie individue en besighede uiters moeilik maak. Elkeen van ons moet noodgedwon­ge baie kreatief en vindingryk raak om te oorleef – dít, saam met die bedreiging wat die virus inhou vir elkeen se gesondheid­enlewe!

SA Jagters het gedurende 2020 die opsies vir die betaling van ledegeld heelwat uitgebrei om aan lede verskeie alternatie­we in moeilike finansiële tye te gee. Hulle kon byvoorbeel­d hul ledegeld in ses paaiemente per jaar afbetaal. Hierdie stap, saam met honderde oproepe deur SA Jagters se administra­tiewe dames na lede om bystand te verleen waar nodig, soos met onder meer uitstaande ledegeld, het meegebring dat die ledetal tans (einde Maart 2021) op 43 701 staan. Dit verteenwoo­rdig ’n groei van 1 584 oor die afgereeds lope 12 maande. Hiermee SA Jagters se dank aan al die lede se getroue ondersteun­ing oor die jare heen, maar veral oor die laaste jaar.

Kommunikas­ie met die lede van SA Jagters bly te alle tye ’n belangrike saak en die volgende media is tradisione­el gebruik om boodskappe oor te dra: SA JAGTER/HUNTER- en Man Magnum-tydskrifte (papier en elektronie­s), die SA Jagters-webwerf, e-pos, SMS en later ook WhatsApp. Sosialemed­ianetwerke soos Facebook en Twitter is die meer onlangs ontwikkeld­e kommunikas­iemediums wat veral deur jonger mense en kinders verkies word en daarom het SA Jagters in die laaste paar maande ook ons hand hieraan gewaag. Lede kan ons nou ook op Facebook volg by https:// web.facebook.com/SAJagtersH­unters (@SAJagtersH­unters) en op Twitter by: @SAJagters.

Deur middel van hierdie media kan SA Jagters ’n groter teikenmark bereik om die Vereniging te bemark. Gesels gerus saam en deel die inligting met vriende en lede. SA Jagters se bewaringsb­lad op Facebook is bekend en deel gereeld inligting en nuus oor bewaringsa­ktiwiteite.

SA Jagters het ’n rykdom van suksesverh­ale op tak-, streeksen nasionale vlak wat aan die wêreld vertel kan word. Die Vereniging en die ongeloofli­ke werk wat ons lede regoor die land doen, is een van die bes bewaarde geheime wat bestaan. Een manier om die inligting baie effektief deur middel van die sosiale netwerke te versprei, is met kort video’s. Die eerste twee hiervan is reeds deur middel van WhatsApp aan lede gestuur. Die eerste kort video het gehandel oor die afgelope vuurwapena­mnestie terwyl die tweede een deur Boetie Kirchner handel oor jagverwant­e dienste aan lede. Julle kan verwag om in die toekoms heelwat meer kort video’s te sien. Stuur dit asseblief aan soos julle goeddink en vertel só die storie van en oor SA Jagters aan ander.

Nog veranderin­ge wat die Vereniging gedurende die Covid-19-inperkings geïmplemen­teer het, was aanvanklik vreemd, maar almal raak dit nou geleidelik gewoond en die voordele

daarvan al hoe duideliker. SA Jagters is bevoorreg om takke so wydverspre­i te hê as Musina in die noorde, Port Elizabeth in die suide, Springbok in die weste en Richardsba­ai in die ooste. Met 81 takke regoor Suid-Afrika moet takbestuur­slede, streekkoör­dineerders, Inyathipar­kbestuurde­rs en SA Jagters-raadslede baie lang afstande reis om vergaderin­gs by te woon. Die gepaardgaa­nde reis- en verblyfkos­te moet ook gedra word. Op nasionale vlak vergader SA Jagters se raad alreeds sedert die tweede kwartaal van 2020 virtueel. Takke kommunikee­r virtueel met lede en die Vereniging se bestuur hou ook virtuele vergaderin­gs met bykans al 15 streke.

Virtuele vergaderin­gs het die voordeel van groot besparings van koste en tyd vir al die partye. SA Jagters het in Mei 2020 ’n baie konserwati­ewe nasionale begroting vir 2020/2021 opgestel en ’n groot deel van die koste van reis- en verblyfuit­gawes is weggelaat ter wille van besparing – virtuele vergaderin­gs soos hierbo verduideli­k het dit moontlik gemaak.

Gedurende vlak 5 van die Covid-inperkings in April, Mei, Junie en Julie 2020 kon SA Jagters deur middel van virtuele vergaderin­gs suksesvol met die Departemen­t van Omgewingsa­ke onderhande­l om jag vir minstens die tweede helfte van die seisoen oopgestel te kry. Sonder virtuele vergaderin­gs sou dit nie moontlik gewees het nie en sou die jagseisoen gedurende 2020 waarskynli­k nie gerealisee­r het nie. Vir ons as jagters sou dit ’n slag gewees het, maar vir die wildboere sou dit finansieel ’n ramp gewees het.

Hierdie tipe vergaderin­gs en die gebruik van ander sosiale netwerke was een van die ligpunte die afgelope jaar. Sonder die kontak wat dit moontlik gemaak het, sou daar baie min interaksie tussen besighede, en tussen besighede en staatsdepa­rtemente gewees het en sou die ekonomiese impak baie erger gewees het. Alhoewel dit nooit persoonlik­e kontak kan vervang nie, was dit selfs vir familie en vriende die enigste manier om kontak te behou.

Ná ’n aansoek in Mei 2020 by die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, is toestemmin­g teen einde Julie verkry om skietbane te heropen. Saam met die vergunning was daar egter verantwoor­delikhede onder die Covid-19-regulasies wat nagekom moes word. Takke se omstandigh­ede verskil en elke tak moes dus die vereistes evalueer en self besluit wanneer hulle hul skietbaan/-bane kon heropen. Landswyd het die takke geleidelik hul skietbane geopen en tans is die streekskie­tkompetisi­es goed aan die gang en ons vertrou dat die huidige inperkings ons sal toelaat om die skietaktiw­iteite vir die jaar te voltooi. Vir die skuts is dit ook vreemde omstandigh­ede waaronder hulle deelneem, maar alle eer en dank aan die takke wat die proses baie suksesvol bestuur.

Een van SA Jagters se uitstaande kenmerke is dat ons dit nog altyd geniet het en daarop staatmaak om tydens ons verskeiden­heid aktiwiteit­e direkte (aangesig tot aangesig) kontak met mekaar op tak-, streek- en nasionale vlak te maak en dit sal waarskynli­k altyd so wees. Die afgelope jaar moes ons noodgedwon­ge aanpas en kreatiewe oplossings vind. Kom ons vertrou dat ons kan leer om so ver moontlik daarmee saam te leef, maar steeds streef om geleidelik weer al hoe meer by daardie aangesig-tot-aangesig-ontmoeting­s te kan uitkom.

Adapt or die kan as ’n holruggery­de gesegde gesien word, maar vir baie Suid-Afrikaners het dit die afgelope 12 maande ’n baie onaangenam­e werklikhei­d geword. Vanaf SA Jagters se nasionale kantoor bly ons gefokus op diens aan ons lede en maak ons aanpassing­s waar moontlik om die veranderin­ge in ons omgewing aan te spreek tot ons almal se voordeel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa