SA Jagter Hunter

JAG MET OOP VISIERE – DIE REËLS IS ANDERS!

Los die teleskoop by die huis en dinge werk ewe skielik anders.

-

Los die teleskoop by die huis en dinge werk ewe skielik anders.

JOHAN VAN WYK

Baie van die toerusting wat vandag tot die jagter se beskikking is, en spesifiek optiese toerusting soos verkykers, afstandmet­ers en dies meer, maak beslis ons lewens makliker as dit by jag kom. Daar word op ’n konstante basis nuwe hulpmiddel­s en toerusting ontwikkel en soos wat die lewe maar is, moet ons aanpas of stagneer.

Alles in ag genome, is dinge soos teleskope en ander soortgelyk­e hulpmiddel­s egter betreklike nuwe uitvinding­s. Toe Jan van Riebeeck in 1652 by die Kaap aan wal gestap het, was daar geen sprake van goed soos teleskope op gewere nie. Die eerste setlaars (en ja, ek weet daar is sekere politieke groepe wat nie baie hou van die term “setlaar” nie!) was bewapen met redelike primitiewe vuursteens­lotvoorlaa­iers wat met basiese oop visiere toegerus was. Soos wat vuurwapens ontwikkel het, het dinge wat oop visiere aanbetref, nie juis verander nie. Daar is wel in die middel 1800’s die eerste tentatiewe treë in die rigting van optiese hulpmiddel­s geneem met baie eenvoudige teleskope wat, soos te verwagte is, vir militêre gebruik ontwerp was.

GROOTWILD GEE DIE DEURSLAG

Ten spyte van hierdie eerste teleskope het die meeste jagters egter geklou aan oop visiere op hul jaggewere. In Suid-Afrika is die Eerste, sowel as die Tweede Anglo-Boereoorlo­ë met oopvisierg­ewere geveg, en dieselfde gewere is in baie gevalle net so suksesvol in die jagveld aangewend.

 ??  ?? LINKS: ’n Prag-trofeerooi­hartbeesbu­l wat in die Karoo te voet met ’n 9,3x62 Mauser uit die 1930’s gejag is. Die bul s bekruip tot op ’n afstand van 23 meter en toe die skoot klap, was die jag verby.
LINKS: ’n Prag-trofeerooi­hartbeesbu­l wat in die Karoo te voet met ’n 9,3x62 Mauser uit die 1930’s gejag is. Die bul s bekruip tot op ’n afstand van 23 meter en toe die skoot klap, was die jag verby.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa