SA Jagter Hunter

HOE OM MET MIN GELD TE BEGIN HERLAAI – DEEL 1

Jou opsies vir basiese herlaaitoe­rusting.

-

Jou opsies vir basiese herlaaitoe­rusting.

CASSIE NIENABER

Die eerste gedagte is dat ’n paar vriende die toerusting aankoop, kostes deel, en saam by ’n sentrale plek herlaai. Net ingeval jy hierdie nou as geleenthei­d sien waarmee jy Mammie om die bos kan lei om lekker te gaan kuier, onthou: dop en patroondop meng GLAD nie.

Tweedens, moenie huiwer om gebruikte toerusting te koop nie, daar is altyd herlaaiers wat van hulle toerusting opgradeer. Dikwels is daar groot winskope met toerusting wat nog so goed as nuut is. Soek veral op die magdom herlaai-skiet-jag-webblaaie en sosiale media.

Wees op die uitkyk na winskope op meetinstru­mente soos skuifpasse­rs en mikrometer­s by tweedehand­se en pandjieswi­nkels, en ook vir algemene gereedskap soos tange, skroewedra­aiers, ens. Sommige herlaai hulpmiddel­s kan relatief maklik self geprakseer word, e nek sal’ n paar wenke in die relevante afdelings gee. Baie van die bekende toerusting verskaffer­s bied saamgestel­de intreevlak -“verjaardag stelle ”, wat soms groot besparings bied. Moet nie dat herlaai snobs jou deurmekaar praat nie. Dis nie ’n voorvereis­te vir behoorlike herlaai om die nuutste, blinkste toerusting ten duurste aan te skaf nie. Soms trek mense hulle neuse onnodig op vir Lees e bekostigba­re herlaaitoe­rusting.

Ter illustrasi­e, die volgende interessan­te staaltjie uit Lee se herlaai handleidin­g: Op’ n stadium het ander vervaardig­ers hulle gegote staalperse al groter, swaarder en stewiger gemaak en het hulle Lee se kleiner aluminiump­erse in advertensi­es afgemaak as minderwaar­dig. In antwoord het Lee al drie bene van sy kleinste aluminiump­ers verdun (verswak) na slegs 3 mm dik en het hy .375 H&H-doppe daarmee hervorm, sonder enige skade aan die pers. Die meeste vandaar diepers vervaardig­ers bestaan vandag glad nie meer nie, en Lee verkoop steeds meer herlaaitoe­rusting per maand as wat baie ander vervaardig­ers per jaar verkoop. Lee se filosofie is om kliënte dit wat hulle nodig het, teen ’n bekostigba­re prys te gee. Soos Lee sê: Alle beskikbare herlaaiper­se is 100 % goed, sterk en akkuraat genoeg vir herlaai.

Neem hierdie goeie raad van iemand (die uwe) wat alreeds baie herlaaisko­olgeld betaal het. VOOR jy enige toerusting aankoop, onthou: Kennis is mag – lees wyd, sodat jy verstandig­e en goed ingeligte besluite kan neem. Lees veral di edele oor die herlaai proses voorin die groot vervaardig­ers se herlaai handleidin­gs en op hul webblaaie. Kyk herlaaivid­eo’s, ook op die internet. Daar is werklik baie goeie inligting beskikbaar. Hou egter net in gedagte dat nie alle inligting noodwendig goed is nie, veral sommige op sosiale media.

Soos altyd, wees ’n ingeligte koper en doen vooraf jou huiswerk deeglik, sodat jy nie aan die genade van die verkoper uitgelewer is nie. Omdat jy nog eers moet sien of jy herlaai gaan geniet en daarmee gaan volhou, koop aan die begin slegs die basiese toerusting. Dit beteken dat jy eers leer watter stappe en werk herlaai behels voordat jy toerusting gaan koop. Jy kan mettertyd opgradeer indien nodig.

BASIESE TOERUSTING

Om patrone effektief en veilig te herlaai, benodig jy die volgende basiese toerusting: ’n ballistiek­e handleidin­g, ’n chronograa­f, skuifpasse­r vir die neem van dopmates en patroonlen­gtes, pers, matryse, slag dop kamer skoonmaker, dop lengte snyer, ontbramer (deburing tool), slag dop monteer der( p rim i ng tool) en skaal vir die afweeg van dryfmiddel.

Tydens die bespreking van die herlaai/selflaai-proses wat hierop volg, wys ek soms verskille uit en sê hoekom sekere toerusting bo ander aanbeveel word. Hierdie raad is meer gemik op beginners wat nog toerusting moet aankoop.

Aangesien ons in hierdie artikel fokus op basiese herlaai, gaan ek bly by die toerusting wat algemeen gebruik word. Vir gespesiali­seerde herlaai van kompetisie-akkurate patrone kan addisionel­e toerusting aangekoop word.

VEILIGHEID

PASOP! Dis belangrik om te onthou dat die kruit (dryfmiddel) asook die slagdoppe wat gebruik word, hoogs ontvlambaa­r is en ernstige beserings of selfs die dood kan veroorsaak, daarom is veiligheid uiters belangrik.

Wanneer jy herlaai, gebruik veiligheid s brille, en bêre alles buite bereik van kinders. Identifise­er die dryfmiddel en slagdop

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa