SA Jagter Hunter

HERMAN SKRYF ’N WAARHEID RAAK

-

Ek geniet die tydskrif en veral Herman Jonker se insette. Met verwysing na sy skrywe Die Een in die Loop (SA JAGTER/ HUNTER, Maart-April 2021-uitgawe) is dit asof Herman teenwoordi­g was tydens ’n baie onaangenam­e insident, wat presies afgespeel het, soos beskryf in sy voorbeeld van die “weet-alles ou”. Ek wil hom graag aanmoedig om voort te gaan met sy artikels, ek glo dit moet oues bietjie laat dink.

Dit bring my egter by die volgende kommerwekk­ende punt; hierdie ouens is gewoonlik ook die spesialis-opleier van wapenvaard­igheidsteg­nieke vir hul kinders. Dis so jammer...

DEON VAN ROOYEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa