SA Jagter Hunter

JONG JAGTER/HUNTER-LESER

-

My man is al meer as 11 jaar lank ’n lid van SA Jagters en is ’n getroue leser van SA JAGTER/HUNTER-tydskrif. Ons is al 11 jaar getroud en die tydskrif was van die begin van ons verhouding af altyd oral in ons huis te lees – óf in die woonkamer, óf die slaapkamer, óf selfs meer gewild, in die badkamer.

Ekself het ook gaande geraak oor die artikels, veral dié deur Herman Jonker, en siende dat ek hom al ontmoet het en my man saam met hom gejag het, is ek nou ’n total fan.

Ek en my man was gelukkig om in 2017 ’n gesonde, vrolike seun ryker te word. Ons probeer hom in die buitelug grootmaak deur hom in die bos, op die strand of selfs net kaalvoet in die sandpit te laat speel. Soos alle ouers weet, elke kind gaan deur groot mylpale en een daarvan is om jou kind te potty train. Ons seun het veel eerder verkies om die grassies of ’n boompie in die tuin nat te maak as om op sy potjie te sit. Dit is hoekom ons so verbaas was toe ons eendag die badkamerde­ur oopmaak en sien ons 3-jarige seun sit salig op sy potjie en “lees” aandagtig The Art of Tracking uit die tydskrif. Hy het dit seker by sy pa gesien.

Beste en trotse oomblik en dit bly steeds sy gunsteling­leestof in die badkamer.

ANNEMART HEIM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa