SA Jagter Hunter

DIE HONDE IN DIE VOORSTE LINIES

-

M BEETON

Die jaar 2020 sal vir baie dinge onthou word, hoofsaakli­k vir Covid19 en die impak wat dit op die wêreld gehad het, insluitend die jagbedryf in Suid-Afrika. Dit was ook die jaar wat ’n paar bekendes ons verlaat het en een van dié bekendes wat ons moes groet, het vier bene, groot ore en ’n dodelike reuksintui­g gehad. K9 Killer was seker Suid-Afrika se bekendste teenstropi­ngsheld. Hy was een van die eerste drie honde wat in die Nasionale Krugerwild­tuin ontplooi is om stropers te vang. Saam met Ngwenya, sy suster, en Loco het dié drie Belgiese malinois-honde honderde stropers vasgetrek.

Maar Killer was spesiaal. Hy en sy hanteerder, Amos Mzimba, het saam byna 200 stropers aangekeer. Hy het ook regsgeskie­denis gemaak toe die hof toegelaat het dat ’n hanteerder ’n spoorhond se werksmetod­e tydens die aankeer van ’n verdagte, in die hof weergee en dit as getuienis aanvaar het. Dan is hy ook in 2016 met die Britse organisasi­e, People’s Dispensary for Sick Animals, se goue medalje vereer vir sy bydrae in SANParke se teenstropi­ngsprogram. En hy het selfs op ’n keer vir prins Harry ontmoet.

Killer het in 2019 saam met Amos afgetree en in Junie laas jaar is die moeilike besluit geneem om hom van kant te maak. Hy was met sy aftrede reeds 11 jaar oud en in 2020 het hy siek geword. Volgens mediaberig­te het Killer baie pyn gehad as gevolg van heupdispla­sie. Amos was by hom toe die oomblik aangebreek het.

“Ons wil graag vir Killer vereer. Hy was die eerste van dié honde wat ’n reuseversk­il gemaak het in die veldtog teen stroping,” sê Lizel Oosthuizen, bestuursko­miteelid van die K9 Ereveldwag­ters SANParke Nasionaal. Hulle hoop om deur die publiek van Killer te vertel, bewusmakin­g te kweek van die goeie werk wat die K9-teenstropi­ngseenheid doen in die stryd teen die slagting van veral renosters in SA se nasionale parke.

Sedert die ontstaan van die K9 Teenstropi­ngseenheid in die Krugerwild­tuin in 2012, het dit gegroei van drie honde na 43. Dit het ook uitgebrei na ander nasionale parke en vandag werk daar 19 honde buite die Krugerwild­tuin.

Hierdie goed opgeleide honde sluit in Belgiese malinois en honde wat ’n Dobermann/ bloedhondk­ruis is. Dié rasse is uitstekend om stropers in die veld mee op te spoor. Hulle kan ook vuurwapens, ammunisie en wildlewepr­odukte wat onwettig die parke ingebring of uitgeneem word, opspoor. Die honde werk regdeur die wildtuin en word saam met hul hanteerder­s per helikopter in die veld ontplooi.

Wat die honde so besonders maak, is hul vermoë om ’n reuk wat dalk al ure oud is op te tel en oor indrukwekk­ende afstande te volg. Daarom is hulle so effektief in die bekamping van stroping en onwettige aktiwiteit­e in die wildtuine. In 2017 alleen het 90 % van die voorvalle waarby honde betrokke was gelei tot die arrestasie van die verdagtes. In 2019 het hulle speurwerk gelei tot 320 kontakte met stroopverd­agtes en -aktiwiteit­e.

Maar om honde aan te skaf, op te lei en te onderhou kos geld en dit is waar die ondersteun­ing van die ereveldwag­ters se K9 Project Watchdog van onskatbare waarde is.

“Een hond kos R85 000 (wat die GPS-harnas en BTW insluit) en soms gebeur iets met daardie

hond. Daar was al ’n geval waar ’n hond wat ’n stroper gejaag het in die proses sy nek gebreek het. Dit is ’n geweldige terugslag. So ’n hond moet vervang word en benewens die geld is dit ook ure se opleiding wat verlore gaan,” sê Lizel.

Deur K9 Project Watchdog beywer die SANParke Ereveldwag­ters hulle om geld in te samel en ook om ander ondersteun­ingsfunksi­es te verrig. Donasies aan Project Watchdog word gebruik om seker te maak die honde ontvang die beste sorg deur al hul inentings en voorkomend­e medisynes te kry, asook die regte voeding en veilige verblyf.

“Nasionale parke gee vir ons ’n wenslys van wat hulle nodig het en ons gebruik die fondse wat ons insamel om dit vir hulle te kry,” verduideli­k Lizel.

K9 Project Watchdog het ook hul eie wenslysie. Dit sluit in om genoeg geld in te samel om honde en ook handteerde­rs op te lei, hondehokke en opleidings­fasiliteit­e te bou, asook vir veeartsdie­nste, opsporings­halsbande en aftreeplan­ne vir die honde wat te oud of siek raak om te werk.

Benewens fondsinsam­eling bied die ereveldwag­ters ook op praktiese maniere ondersteun­ing soos versoek deur SANParke se K9-meester.

“Dit behels soms dat ons by die honde se opleidings­kamp uithelp, maar ’n ereveldwag­ter wat daar diens doen moet eers ’n noodhulp- en K9-oriënterin­gskursus doen voordat hulle oorweeg word.” Die bydrae wat die ereveldwag­ters tot bewaring in Suid-Afrika maak, kan nie onderskat word nie. Daar is 1 931 lede wat in 30 streke in die land werk en tans is hulle betrokke by sewe nasionale projekte en 19 nasionale parke.

Maar dis goed om in gedagte te hou dat die K9-eenheid en die ereveldwag­ters nie net renosterst­ropery bekamp nie. Hulle beywer hulle ook om die stroop van leeus, olifante en ietermagog­s stop te sit en in die Tafelberg Nasionale Park word die honde gebruik om die aanval en/of roof van besoekers te voorkom.

“Die enigste manier om dié tipe misdade te bestry is deur die gebruik van honde, daar is nie ’n ander manier nie, maar daarvoor het ons die publiek se hulp nodig,” sê Lizel.

HOE KAN JY HELP?

Diegene wat bydraes wil maak, kan finansiële donasies maak, maar skenkings van voorraad en toerusting is ook welkom.

Die mense wat donasies maak sal ook ’n belastings­ertifikaat ontvang van die SANParke Ereveldwag­ters.

Finansiële skenkings kan gemaak word aan:

Lombard & Partners Trustreken­ing

Nedbank

Rekeningno­mmer:

1604 672 803

Takkode: 160 445

Verwysing: K9 / VAN

Ander tipe skenkings kan afgelewer word by:

Lombard & Partners Inc Justice Mahomedstr­aat 992, Brooklyn,

Pretoria

* Vir meer inligting oor K9 Project Watchdog skakel Lizel Oosthuizen by 082-871-5620 of stuur ’n e-pos aan K9.fund raising@sanparksvo­lunteers.org

SLAAN ’N KISHOU VIR BEWARING

Die SANParke Ereveldwag­ters hou in Junie ’n gholfdag om geld in te samel vir die K9 Project Watchdog. Al die geld wat op dié dag gemaak word, gaan aan die K9-eenhede en teenstropi­ngsinisiat­iewe. Die gholfdag word op 2 Junie om 12uur by die Pretoria Country Club aangebied.

* Vir meer inligting of om in te skryf, stuur ’n e-pos aan K9.fund raising@sanparksvo­lunteers. org of besoek www.sanpark volunteers.org

 ??  ??
 ??  ?? FOTO’S: Ván die honde wat in die land se nasionale parke gebruik word om nie net stropers te vang nie, maar ook vuurwapens, ammunisie en wildlewepr­odukte wat onwettig die parke ingebring of uitgeneem word, op te spoor. Die honde werk regdeur die wildtuin en word saam met hul hanteerder­s per helikopter in die veld ontplooi.
FOTO’S: Ván die honde wat in die land se nasionale parke gebruik word om nie net stropers te vang nie, maar ook vuurwapens, ammunisie en wildlewepr­odukte wat onwettig die parke ingebring of uitgeneem word, op te spoor. Die honde werk regdeur die wildtuin en word saam met hul hanteerder­s per helikopter in die veld ontplooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa