SA Jagter Hunter

AFRIKA-VARKPES EN HOE SA JAGTERS KAN HELP

-

BOETIE KIRCHNER

Met die uitbrake van Afrika-varkpes die afgelope paar maande is dit baie belangrik dat alle varkboere en jagters wat wilde varke jag en vervoer, deeglik bewus moet wees wat hierdie siekte behels.

WAT IS AFRIKA-VARKPES?

Dit is ’n ernstige virale siekte wat veral mak varke en soms wilde varke aantas. Daar is tans geen inenting daarteen beskikbaar nie. Vlakvarke en bosvarke dra die virus, maar wys geen tekens van die siekte nie. Met die sterftesyf­er by mak varke wat tot so veel as 100 % kan wees, kan daar nooit genoeg aandag op die siekte gevestig word nie.

Tradisione­el het Afrika-varkpes net in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal voorgekom. Dit het egter al bykans deur die hele Suid-Afrika versprei soos wat die verspreidi­ngsgebied van veral vlakvarke geweldig uitgebrei het.

In Maart vanjaar het die virus selfs so ver suid as die Kaapse Vlakte uitgebreek. Dit het oor die 100 kleinboere geraak wat om en by 4 300 varke verloor het. Om dit in perspektie­f te plaas, moet in ag geneem word dat hierdie kleinskaal­se boerderye in die meeste gevalle die enigste inkomste vir die boere en hul gesinne is en dat hul boerderye nou tot niet is. Met die uitbrake van die virus in Noordwes tydens April vanjaar moes een boerdery 1 500 varke van kant maak. Die gebiede word dan onder kwarantyn geplaas en geen varke mag van daar af verhandel of vervoer word nie.

FINANSIËLE IMPLIKASIE­S

Die finansiële implikasie­s wat die virus teweeg bring is skrikwekke­nd wanneer daar gekyk word na die rimpeleffe­k wat dit veral op die uitvoer van varkvleis het. Suid-Afrika voer jaarliks 4 % van sy totale produksie van varkvleis uit. Dis in teenstelli­ng met die 10 tot 12 % varkvleis wat ingevoer word. Die afleiding kan dus gemaak word dat Suid-Afrika nie genoeg varkvleis kan produseer om selfs aan die plaaslike mark se behoefte te voldoen nie. Die grootskaal­se vrektes van varke dra ook daartoe by dat meer varkvleis ingevoer moet word.

OORDRAAGBA­ARHEID

Die virus word op verskeie maniere oorgedra, onder meer deur kontak tussen besmette wilde varke en mak varke. Dit kom ook in besmette materiaal soos afvalkos, voer en rommel voor. Studies het getoon dat tampans/sagte bosluise die virus van gasheer na gasheer dra. SA Jagters het, danksy die hulp van ons lede, gehelp met die invorderin­g van bloedmonst­ers van vlakvarke wat regoor die land gejag is. Dié monsters word tans by die Universite­it van Pretoria se veeartseny­kunde-fakulteit bestudeer.

SIMPTOME

Die simptome wat ’n besmette vark toon, wissel van rooiheid van die vel – veral op die ore, buik, en bene – tot hoë koors. Die vark sal ook geen eetlus hê nie, depressief wees, sukkel om asem te haal, opbring en kan selfs deur sy neus bloei. Dragtige sôe kan hul kleintjies aborteer en ook diarree hê.

VOORKOMING

Om besmetting te voorkom moet die basiese beginsel van kontakbepe­rking toegepas word – baie soos die inperkings wat ons verlede jaar tydens fase vyf van die Covid-regulasies beleef het. Sorg dat wilde varke nie met mak varke in aanraking kan kom nie deur voldoende heinings op te rig. Op kommersiël­e varkplase word dubbelhein­ings met ’n bufferarea dikwels gebruik. Vermy ook om kombuisafv­al as voer vir varke te gebruik. Plaas nuwe varke eers in kwarantyn en verseker só biosekurit­eit.

WAT SÊ DIE WET

Afrika-varkpes word nie na mense oorgedra nie, maar ons het almal ’n verantwoor­delikheid om nie die siekte te versprei nie. Die beperking op die vervoer van wildevarkv­leis is reeds in 1935 in die destydse Transvaal en Natal ingestel. Volgens Regulasie 20 van die Wet op Dieresiekt­es, (Wet 35 van 1984), mag geen vleis van wildevarke, sonder die dekking van ’n staatsveea­rtspermit, in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal vervoer word nie.

Regulasie 20 (a) (ix) lui: Enige vlakvark-, bosvark- of wildevarkk­arkas, -vleis, -vel, -trofee of enige ander produk van vlakvark-, bosvark- of wildevarko­orsprong (mag nie) na, oor, of vanaf grond in die provinsies Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, Noordwes of KZN verwyder word of beweeg nie.

SA JAGTERS SE AANLYN PERMITSTEL­SEL

Ná ’n lang onderhande­lingsprose­s met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se Direktoraa­t Dieregeson­dheid het SA Jagters reeds in 2018 daarin geslaag om as bedryfsorg­anisasie erken te word wat sy lede kan magtig om permitte uit te reik vir die vervoer van wildevarkv­leis (bosvark en vlakvark). Hierdie vergunning is dan ook gekoppel aan sekere vereistes. Vereistes gestel deur Direktoraa­t Dieregeson­dheid

1. Jy moet ’n opbetaalde lid

van SA Jagters wees.

2. Jy moet die eienaar of bestuurder van die plaas of plase wees waarop jy varke wil laat jag.

3. Jy moet die plaas of plase registreer as eiendomme waar

varke gejag sal word, asook waarvoor permitte uitgereik word om die vleis te vervoer onderhewig aan die vereistes wat deur die Direktoraa­t Dieregeson­dheid gestel word. 4. Om die permitte elektronie­s uit te reik moet jy toegang tot die internet en SA Jagters se lede-administra­siestelsel hê. Jy moet ook oor ’n rekenaar en drukker beskik.

5. Jy moet die vereistes wat deur die Direktoraa­t Dieregeson­dheid gestel word, skriftelik aanvaar.

Die elektronie­se uitreik van vervoerper­mitte vir wildevarkv­leis of -karkasse:

Hierdie fasiliteit is gratis beskikbaar aan enige opbetaalde lid van SA Jagters. Die lid moet ook ’n grondeiena­ar wees wat sy plaas/ plase wil registreer met die doel om permitte te mag uitreik vir die vervoer van wildevarkv­leis of -karkasse volgens die Wet op Dieresiekt­es (Wet No 35 van 1984).

Om jou plaas te registreer vir magtiging verg slegs twee stappe: Stap 1: Voorsien die nodige inligting om jou plaas te lys.

Stap 2: Stuur die getekende magtigings­vorm terug na SA Jagters se hoofkantoo­r.

Uitreik van ’n permit aan ’n vervoerder/jagter van wildevarkv­leis:

• Nadat jou plaas geregistre­er is, volg dieselfde stappe om by SA Jagters se lede-administra­siestelsel uit te kom.

• Klik op die Issue Permitsops­ie.

• Klik op die betrokke plaas (as jy slegs een plaas geregistre­er het, sal dit outomaties gekies word).

• Klik op die New Permit-opsie. • Die stelsel sal jou na die volgende venster neem.

• Sleutel die vervoerder/jagter se inligting in wat teenwoordi­g moet wees wanneer die permit geskep word. Indien hy of sy ’n SA Jagters-lid is, kan die stelsel sy persoonlik­e inligting verskaf deur bloot sy lidnommer en wagwoord in die toepaslike ruimte in te sleutel en dan op die Retrieve Personal Info-skakel te klik. Indien hy nie ’n lid is nie moet al die inligting self ingesleute­l word. • Selekteer die spesie wat se karkas of vleis (vlakvarke/bosvarke) dit is en tik die bestemming van die vleis in. Begin by provinsie en dan sal die distrik-, munisipale gebied- en staatsveea­rtsopsies outomaties verskaf word. Kies slegs een opsie.

• Die grondeiena­ar en vervoerder/jagter moet die vereiste verklaring elektronie­s onderteken deur die aangewese blokkies te merk voor dit uitgereik mag word. Indien jy enigeen van die twee blokkies nie merk nie sal die stelsel nie die permit druk nie. Dit is ’n vereiste van die Departemen­t van Landbou.

• Klik op die Issue Permit-skakel om die permit uit te reik. • Wanneer die permit uitgereik is, sal die stelsel ’n permitnomm­er elektronie­s toeken.

• Druk dan twee kopieë van die uitgereikt­e permit.

• Die plaaseiena­ar of bestuurder en die vervoerder/jagter moet beide kopieë van die permit teken.

• Die vervoerder kry een getekende permit om saam te neem wat hom of haar magtig om die vleis te vervoer.

• Die grondeiena­ar moet een getekende permit vir minstens vyf jaar veilig bewaar (soos vereis deur die Departemen­t van Landbou.)

SA Jagters het verlede jaar net meer as 800 varkvleisv­ervoerperm­itte uitgereik. As jy in ag neem dat die begin van die jagseisoen nie tradisione­el kon plaasvind nie weens die inperkings­tyd is dit ’n besonderse diens wat aan ons lede gelewer word. Daar is tans dan ook bykans 500 plase op die sisteem geregistre­er.

* Persone wat belangstel om hul plase te registreer en meer inligting benodig, kan op SA Jagters se webwerf www.sahunters.co.za gaan kyk. Dit is beskikbaar onder die Jagsakeops­krif by die varkvleisv­ervoerperm­it-hofie of kontak Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa