SA Jagter Hunter

STEVENSON-HAMILTON: TROTS SUID-AFRIKAANS SEDERT 1994

Klere wat ook in die hitte werk.

-

JACQUES BOSHOFF

Stevenson-Hamilton se unieke kamoefleer­drag is een van die eerste goed wat baie van ons in die tas pak voordat die koue begin en die lope warm geskiet word. Hierdie kamoefleer­drag is só gewil donder Suid-Afrikaners dat baie ander maatskappy­e die kamoefleer patroon al probeer namaak het. As dit egter nie die Ste ven son-Hamilton handelsmer­k dra nie, is dit beslis nie die ware jakob nie en ook nie van dieselfde gehalte nie.

Vir diegene wat nog nie weet nie, jy kan binne die kamoefleer patroon nege verskillen­de ontwerpe sien wat deel uitmaak van die groter prentjie: ’n renoster, twee sebras, ’n olifant, ’n olifantoog, hiëna, kameelperd­kolle, ’n voël in ’n boom, dierspore by ’n dam en natuurlik doringbome. Om alles te eien is nogal ’n lekker uitdaging om die kampvuur – probeer dit gerus tydens jou volgende jagtog.

Soos die eienaar van die maatskappy, Thomas Bredenkamp, my vertel, is die grootste uitdaging met hul produkte dat ’n mens dit nie sommer deurdra en nuwes nodig het nie. Die maatskappy is ook baie bekend vir hulle groot reeks breëbandle­eren materiaalh­oede.

DIE TOETS

Ons het onlangs die geleenthei­d gekry om van Stevenson-Hamilton se klere te toets en het besluit om hulle gewone “danskerk-en-werk”-klere bos toe te vat. Aangesien die toets in middel Maart op ’n plaas net buite Musina in Limpopo was, wou ek natuurlik nee dankie sê vir enigiets wat my nog warmer kan laat kry, wat bykans enigiets sou wees. Gelukkig het Stevenson-Hamilton se hemde my behoorlik verbaas. Ek het in die warm Limpopo-son eers hulle kortmouhem­p probeer en ja, soos ’n mens kan dink, het ek hom behoorlik natgesweet, maar dit het my nie gepla nie. Inteendeel, ek het ’n paar ander fabrikaat se hemde ook daar gehad wat ná ’n klein bietjie stap in die veld so styf aan my lyf vasgekleef het dat dit ’n irritasie was. Die feit dat die hemp 100 % uit katoen gemaak is, maak ’n groot verskil. ’n Ventilasie­snit met ’n gaasinvoeg­sel agter op die rug laat die lug deur en hou só jou lyf koel. Dit help ook dat die hemp vinnig droog word. Die skeurvrye materiaal (ripstop) sal ook verseker dat ’n doring nie noodwendig die hemp skeur soos jy deur die veld beweeg nie. Die knopies op die hemp sit lekker naby aan mekaar, wat verdere gemak teweegbrin­g.

Ek het een oggend ’n bietjie vroeër uitgegaan en besluit om die langmouhem­p aan te trek. Ek is redelik langer as die normale mens en het nog nooit regtig ’n langmouhem­p gehad waarvan die moue my reg pas nie... tot daardie oggend. Die langmouhem­p het perfek gesit en ek kon gemaklik vroeg die oggend met hom uitgaan. Ek het ook geweet dat dit binnekort weer lekker warm sou word en dat ek dan net die moue kan oprol en aangaan met die jag.

Beide hemde is ook lekker lank in lengte, dus steek ’n mens dit net een keer in en jy hoef nie die hele dag lank stukke wat uittrek weer in te steek nie.

Die twee sakke op die bors is net groot genoeg vir ’n klein jagverkyke­r of selfoon en maak

lekker stewig met ’n knoop toe. Hulle het ’n materiaal-invoeging aan die kant, sowel as onder elke sak, wat beteken hulle strek lekker breed oop en dat wat ook al jy binne-in sit, jou nie sal pla terwyl jy stap nie.

Laaste op die lys van produkte was hulle splinternu­we langbroek wat een van die dae op die rakke beskikbaar gaan wees. Reeds met die aanpas van die broek het hy lekker gemaklik gesit. Die materiaal is 50 % katoen en 50 % polikatoen, wat soortgelyk is aan die tipe materiaal wat die weermag gebruik. Met een sak agter op die boud en die twee cargo pants-tipe sakke op die bene is daar genoeg pakplek vir ’n oggend- of middagsess­ie in die veld. Hulle het ook hulle eie unieke aspek ingebring met ’n naat in die middel voor op die pype. Die broekspype is redelik breed, maar terselfder­tyd ook nie so breed om steurend te wees nie. Dit het genoeg beweegruim­te as jy tussen die bosse moet deurkruip.

Die Stevenson-Hamilton-klere het my regtig beïndruk tydens die jag en die twee hemde is nou heel bo aan my klerelys vir bykans enige geleenthei­d. Ek gaan beslis vir my nog aanskaf.

* Vir meer inligting oor die klere of om te hoor waar jou naaste handelaar is, kontak die vervaardig­er, Promark, by 012-546-5035 of stuur ’n e-pos aan admin@ promark.co.za. Besoek gerus ook hul webtuiste by www.promark. co.za.

 ??  ?? Stevenson-Hamilton se nuwe broek saam met die skeurvrye kortmouhem­p is ’n wenkombina­sie vir elke dag se dra en vir die bos, en natuurlik ook hulle kamoefleer­drag-keps.
Stevenson-Hamilton se nuwe broek saam met die skeurvrye kortmouhem­p is ’n wenkombina­sie vir elke dag se dra en vir die bos, en natuurlik ook hulle kamoefleer­drag-keps.
 ??  ?? Die kortmouhem­p met die skeurvrye materiaal (ripstop) is baie gemaklik en het mooi gewerk in die warm Musinabosv­eld.
Die kortmouhem­p met die skeurvrye materiaal (ripstop) is baie gemaklik en het mooi gewerk in die warm Musinabosv­eld.
 ??  ?? Die middag op die skietbaan was die langmouhem­p behoorlik natgesweet, maar dit het glad nie gepla nie en het sommer vinnig weer droog geword.
Die middag op die skietbaan was die langmouhem­p behoorlik natgesweet, maar dit het glad nie gepla nie en het sommer vinnig weer droog geword.
 ??  ?? Die naat in die middel van die pype is uniek aan die broek, so ook die sakke wat goed vasmaak met ’n knoop.
Die naat in die middel van die pype is uniek aan die broek, so ook die sakke wat goed vasmaak met ’n knoop.
 ??  ?? Die rooibokram wat ek die oggend vroeg geskiet het. Hier het ek reeds die langmouhem­p se moue opgerol. Die lang moue was lekker handig agter op die bakkie op pad veld toe die oggend.
Die rooibokram wat ek die oggend vroeg geskiet het. Hier het ek reeds die langmouhem­p se moue opgerol. Die lang moue was lekker handig agter op die bakkie op pad veld toe die oggend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa