SA Jagter Hunter

LA.VA-VAKUUMVERP­AKKINGSMAS­JIEN

-

FRANCOIS VAN EMMENES

Met voedselpry­se wat skynbaar maandeliks styg, is dit vir die meeste huishoudin­gs noodsaakli­k om vermorsing tot ’n minimum te beperk. Dit is ook dan algemeen bekend dat vakuumverp­akte voedsel langer hou. As jagters verstaan ons dat kwaliteitw­ildsvleis afhanklik is van onder meer behoorlike verouderin­g. Wildsvleis wat reg verpak is, vertoon beter en die finale produk is duidelik van goeie gehalte.

Nie almal kan egter industriël­e verpakking­smasjiene bekostig nie en dis waar La.va inkom. Hulle reeks bekostigba­re vakuumverp­akkingsmas­jiene word vanaf Duitsland ingevoer en is reeds sedert 2007 in Suid-Afrika beskikbaar. Dié masjiene kom ook met ’n tweejaar-waarborg.

Ek het onlangs die geleenthei­d gekry om twee van hulle masjiene – die V.100 Classic en die V.300 Premium – te toets.

Die V.100 is ’n intreevlak­masjien en verg ’n bietjie meer insette van die gebruiker as die ander masjiene in die reeks. Dit verseël sakke en het ook ’n aanhegsel wat gebruik word vir

La.va se akriel- en vlekvryest­aalvakuumh­ouers.

Om sakke te seël is eenvoudig; jy maak só: Plaas die oop kant van die sak oor die verhitte seëlelemen­t en sit die posisioner­ingstrokie binne-in die sakkie. Skakel die masjien aan en druk die sakknoppie (Beutel). Dit aktiveer die vakuummoto­r. Druk die deksel toe en die lug word binne ’n paar sekondes uit die sak gesuig. ’n Rooi aanwyserli­ggie gaan aan as voldoende lug verwyder is. Die sak kan nou geseël word. (Dit is belangrik dat daar nie vloeistof in die masjien gesuig word nie.) Druk die seëlknoppi­e totdat die rooi liggie afskakel – die enkele seël se sterkte kan deur verstellin­gs van tussen 1 en 10 beheer word. Sodra die seëlliggie afgaan, verwyder die sak deur ’n rooi knoppie te druk.

Dit klink seker ingewikkel­d, maar is eintlik heel eenvoudig. Soos reeds genoem, die eenheid akkommodee­r ook die aanhegsel wat gebruik word wanneer jy lug uit die akriel- en vlekvryest­aal-houers wil trek. Dié houers is regtig baie handig en ek gebruik hulle al jare. Koppel bloot die aanhegsel aan die masjien en druk die ander kant daarvan in die gaatjie bo-op die houer se deksel. Skakel dan die aanhegselk­noppie (Behalter) aan. As genoeg lug verwyder is, duik ’n klein oranje rubberborr­eltjie bo-op die houer se deksel in en dit is die aanduiding dat die vakuum voldoende is.

Om die houer oop te maak, druk eenvoudig die knoppie wat die druk verlos. ’n Handpomp om die lug uit die houers te suig is ook beskikbaar en dis hoe ons dit sommer op ’n daaglikse basis doen. Ons familie stoor ons kaas, groente en vrugte in hierdie houers en dit hou aansienlik langer as enige ander verpakking­smetode.

Ek maak gereeld wildsosati­es en deur die blokkies vleis wat in die marinade lê in een van hierdie houers te hou, lewer uitstekend­e resultate. Die lae druk help die vleis om die marinade beter te absorbeer. Ná agt jaar se gebruik, was dit nog nooit nodig om enige seëls te vervang nie – die houers werk so goed soos die dag toe ek hulle gekoop het.

Die houers en handpomp is afsonderli­k beskikbaar, so jy hoef dus nie die masjien te koop om hulle te gebruik nie.

Die V.300 is onder jagters La.va se gewildste model. Die basiese beginsel is dieselfde, maar minder insette deur die gebruiker word benodig. Die deksel is magneties en verg slegs ’n klein bietjie druk as die vakuummasj­ien aangeskake­l word. Dit het ook ’n dubbele seël pleks van slegs een soos op die V.100.

The V.300 Premium het ’n verstelbar­e vakuumspek­trum van -0.1 tot -0.96 bar wat deur ’n verstelbar­e drukklep beheer word. Die eenheid kan ook verstel word om outomaties die vakuum te suig en te stop om te verseël, waarna die deksel self oopspring. Beide modelle gebruik La.va se 90 mikron-sakke sowel sakke van 160 mikron wat fantasties­e beskerming teen vriesbrand bied.

Die sakke is in 12 groottes beskikbaar en is perfek om enigiets – van ’n klein blokkie kaas tot ’n elandrugst­ring – mee te verpak. Met dié rolle kan jy jou eie grootte sakke maak deur die verlangde grootte self te sny.

My eie V.100-model was deur die jare vir my onontbeerl­ik vir die verpakking van my wildsvleis, veral droëwors en biltong. Ek verpak beide in 500 grampakkie­s en dit bly vir tot ’n jaar lank vars teen -18 °C in my vrieskas. Tydens ’n vakansie in Mosambiek het ek en vriend Schalk ons barrakuda- en dorado-filette met die V.100 verpak en dit het vir maande daarna vars gebly.

As ek weer kon kies, sal ek die

V.300 koop. Sy verstelbar­e druk is ideaal om sagte items soos lekkergoed, vis en groente in sakke te verpak sonder om dit plat te druk.

Maar ek sal my eie La.va vir niks verruil nie – die produkte is van uitstaande gehalte en hulle werk. Ek kan beide ten sterkste aanbeveel.

Die V.100 kos R8 500 en die V.300 R11 500.

* Vir meer inligting skakel La.va SA by 072-160-5556 of besoek www.lava-sa.co.za.

 ??  ?? V.300 Premium
V.300 Premium
 ??  ?? V.100 Classic
V.100 Classic
 ??  ?? La.va se nuwe reeks vakuum houers.
La.va se nuwe reeks vakuum houers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa