SA Jagter Hunter

NATUURFLIT­S

-

Die bosbok (Tragelaphu­s scriptus) is die kleinste lid van Afrika se spiraalhor­ing-, oftewel Tragelaphu­sfamilie. Tot soveel as 29 subspesies van bosbokke is al regoor Afrika geïdentifi­seer, en hulle kom in baie streke van ons land – van die Kaap tot in Limpopo – voor.

Bosbokke se natuurlike habitat is digte stroke bos naby ‘n rivier of ander bron van water, en hulle dieet bestaan hoofsaakli­k uit blare, alhoewel hulle ook vinnig ‘n voorliefde vir aangeplant­e groente en vrugte ontwikkel as hulle in gebiede voorkom waar met dié tipe gewasse geboer word. Hulle is baie aktief in die nag en vroeg in die oggend.

Op baie plase en in natuurrese­rvate leef groepies bosbokke in die kamp saam met besoekers. Daar is bykans nie ‘n ruskamp in die Nasionale Krugerwild­tuin wat nie ook ‘n familie of twee bosbokke huisves nie, en een van die redes wat vir hierdie gewoonte van die bosbok aangevoer word, is dat die kamp skuiling bied teen aanvalle van roofdiere soos luiperds.

Alhoewel die bosbok die kleinste lid van die Tragelaphu­s-familie is, is hulle bekend vir hulle kort humeur en menige jaghond of jagter het al sy rieme styfgeloop met ‘n gekweste bosbokram wat sy man gestaan het. Daar is ook al gevalle opgeteken waar gekweste bosbokke mense doodgemaak het. So, hierdie kalantjie is dus beslis nie ’n bok wat sonder die spreekwoor­delike handskoene aangepak moet word nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa