SA Jagter Hunter

TEEL VAN LEEUS IN MINISTER SE VISIER

-

Die Minister van Omgewingsa­ke, Bosbou en Visserye, Barbara Creecy, het onlangs planne bekend gemaak om die teel van leeus vir trofeejag en troetelpla­se vir toeriste te verbied.

Die besluit was in reaksie op aanbevelin­gs ná ’n regeringon­dersoek oor dié omstrede praktyke. Die paneel het die reëls wat die jag, handel en aanhouding van leeus, olifante, renosters en luiperds bestuur, ondersoek. Creecy het tydens ’n perskonfer­ensie gesê die bevinding is dat die tem van leeus deur hulle in aanhouding te teel, gestop moet word.

“Ons wil nie teel in aanhouding, jag van leeus in aanhouding, troetel van welpies in aanhouding of enige gebruik van leeus in aanhouding hê nie,” het sy gesê. Die besluit moet nog in ’n beleid geformulee­r word en gaan heel moontlik die regering op die oorlogspad sit met die leeuteelbe­dryf.

Die minister het ook gesê die aanbevelin­gs se doel is nie om die jagbedryf in te perk nie. “Die wettige, gereguleer­de jag van ikoniese spesies sal steeds toegelaat word.”

Die jag van leeus in aanhouding is lank reeds ’n omstrede praktyk in Suid-Afrika waar groot getalle diere in kampe aangehou word wat met elektriese draad omhein is. Veldtogte in Amerika, Australië en verskeie Europese lande om die invoer van trofeë van leeus in aanhouding te verbied, het ook die afgelope paar jaar stoom opgetel.

“Die intensie hier is om te verseker dat mense wat daarin belangstel om wildlewe te jag, ’n outentieke ervaring beleef en dat hulle nie diere wat uit ’n hok gehaal word, jag nie,” het die minister gesê.

Volgens wildlewegr­oepe word tussen 8 000 en 12 000 leeus op sowat 350 plase in Suid-Afrika aangehou. Dit in vergelykin­g met die 3 500 leeus wat volgens die Trust vir Bedreigde Spesies (EWT) in die natuur voorkom. (Bron: iol.co.za)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa