SA Jagter Hunter

ZIMBABWE OORWEEG MASSA-UITDUN VAN OLIFANTE

-

Zimbabwe oorweeg vir die eerste keer sedert 1988 ’n massa-uitdunning van hul olifante. Dié land se olifantbev­olking staan op 100 000 en is naas Botswana die wêreld se tweede grootste. Die regering voer aan dat so ’n stap nodig is om die habitat vir ander spesies te beskerm en ook om gevaarlike mens-dier-interaksie­s te verhoed.

“Ons is op soek na maniere om die getalle te verminder, maar dit moet op beleidsvla­k deur die regering bespreek word,” het die Minister van Omgewingsa­ke, Mangaliso Ndlovu, aan die staatsbehe­erde Zimpapers Television Network gesê. Hy het bevestig dat verskeie opsies op die tafel is en uitdunning is een daarvan.

Hoewel olifantget­alle in die laaste twee dekades geval het, het die bevolking in Suider-Afrika, insluitend in Zimbabwe, gestyg, Dié buurland is tans besig om sy wetgewing vir parke en wildlewe te hersien om sodoende sy natuurbron­ne beter te bestuur.

Zimbabwe het tussen 1965 en 1988 vyf keer massa-uitdunning­s uitgevoer waartydens 50 000 olifante geskiet is. Uganda, Zambië en Suid-Afrika het ook in die verlede uitdunning­soperasies uitgevoer.

Wanneer olifante uitgedun word, word ’n hele trop geskiet om post-traumaties­e stres by oorblywend­e diere te vermy. “Die enigste manier om olifante uit te dun is om die hele trop te skiet,” het Rob Lurie, voorsitter van die Zimbabwe profession­ele jagters- en gidsvereni­ging aan Bloomberg News gesê. “Dit is nie ’n maklike taak nie en verg mannekrag en geld as jy dit reg wil doen.”

Ander maniere om die bevolking te beheer sluit in kontraseps­ie en om hulle te skuif.

(Bron: Bloomberg News)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa