SA Jagter Hunter

’N NUWE SONSOPKOMS MET SY EIE BELOFTE

- JOHAN VAN WYK

Net soos die son soggens opkom en daarmee saam die belofte van ’n nuwe dag met nuwe dinge, het 2022 ook sy verskyning gemaak. Met 2021 wat, nes sy voorganger, om talle redes lank onthou sal word, hoop baie dat 2022 ’n jaar met minder storms en kalmer waters sal wees.

Soos julle in hierdie uitgawe sal lees, het die SAPD besluit om die omstrede beoogde wysiging van die Wet op Vuurwapenb­eheer gedurende laat 2021 te laat vaar. Dis vir vuurwapenh­andelaars en -eienaars sowel as jagters en versamelaa­rs baie goeie nuus aangesien die beoogde wysiging van hierdie wet die spreekwoor­delike appelkar vir ons almal sou omkeer. Die toekoms sal egter leer of dit die einde is van sulke pogings om die wet te wysig.

Met die hoop dat die virus wat ons almal se lewens die laaste paar jaar omvergewer­p het, hopelik eersdaags sal wyk, hoop ek van harte ons vuurwapene­n jagindustr­ieë sal in dié jaar opnuut ’n bloeitydpe­rk beleef. Stories van jagonderne­mers wat berge moes versit om besoekende jagters, veral dié van buite Suid-Afrika, te akkommodee­r, sowel as handelaars wat sukkel om voorraad in die hande te kry, is legio. Ek hoop werklik dat 2022 ’n beter jaar in dié opsig sal wees. Op die ou end is daar ’n wedersydse afhanklikh­eid tussen jagters, jagonderne­mers, plaaseiena­ars en die vuurwapeni­ndustrie. Dit is dus in al hierdie rolspelers se belang dat dinge klopdissel­boom loop.

By die tydskrif beplan ons ’n hele rits interresan­thede vir ons lesers vir hierdie jaar. Verskeie kompetisie­s met fantasties­e pryse sal gehou word en soos gewoonlik sal ons voortgaan om eersteklas-leesstof en vermaak aan ons intekenare te voorsien. Hou gerus die tydskrif en ons sosiale media platforms dop!

Noudat die fees- en vakansiese­isoen stadig maar seker ten einde loop, is dit tyd om die nuwe jaar vierkantig in die oë te kyk. Dat dié jaar sy uitdagings gaan bied, is nie te betwyfel nie. Hopelik sal dit egter nuwe uitdagings wees wat nuwe oplossings verg. Dit sal inderdaad ’n groot verligting wees om vir ’n veranderin­g ander uitdagings te hê as dié waarvoor handreinig­er en chirurgies­e maskers vantevore die oplossing was.

Dis vroeg in die jaar, maar die 2022-jagseisoen is slegs ’n paar maande weg. Dis nou dus ’n goeie tyd om solank die spreekwoor­delike vere te begin regskud, toerusting na te gaan en dalk voelers uit te steek om ’n nuwe jagbestemm­ing of twee op te spoor!

Soos altyd, wees veilig!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa