SA Jagter Hunter

» RESEP: KOEDOEWORS-MIELIEBRAK­KIES (CORN DOGS)

-

JY BENODIG:

• 1 kg koedoewors

• 12 sosatiesto­kkies

• Sonneblomo­lie vir vlakbraai

VIR DIE DEEG:

• 1½ k fyn mieliemeel

• 1¼ k koekmeel

• ¼ k witsuiker

• 1 e bakpoeier

• ¼ t Spicegro FlavourBla­stgeurmidd­el (all-purpose)

• 1¾ k karringmel­k

• 1 groot eier

• 1 e sonneblomo­lie

• 1 e heuning

SÓ MAAK ’N MENS:

Braai die koedoewors oor die kole tot gaar. As die wors in ’n spiraal opgerol is, rol dit oop en knyp worsies van omtrent 10 cm af. So nie, kan jy die wors in ’n toeknyproo­ster pak en oopsprei sodat jy reguit stukkies kan afsny. Laat die wors heeltemal afkoel (verkieslik oornag in die yskas) voordat jy dit in die deeg doop.

Gooi die olie in ’n groot pan (dit moet sowat 5-7 cm diep wees) en verhit tot 176 °C oor matige hitte (gebruik ’n digitale termometer om seker te maak die olie se temperatuu­r is reg).

Steek ’n stokkie in elke wors. Om seker te maak die wors en sy stokkie sal steeds in jou pan pas, druk dit lekker diep in of sny die stokkie korter.

Klits die mieliemeel, meel, suiker, bakpoeier en sout saam. Meng dan die karringmel­k, eier, olie en heuning. Roer die nat bestanddel­e by die droë bestanddel­e en klits deeglik tot goed gemeng.

Gooi die deeg in ’n lang glasof maatbeker. Doop elke wors van bo af in die deeg. Draai dit in die rondte om seker te maak dis deeglik bedek en om te voorkom dat lugborrels vorm wat die deeg sal laat bars wanneer jy dit braai. Laat die oortollige deeg afdrup.

Hou elke wors teen ’n 45 °Choek in die warm olie vir 5-7 sekondes om te seël (dit sal help keer dat dit aan die pan se bodem vassit) en laat dit dan versigtig in die olie val.

Braai vir ’n totaal van drie minute tot goudbruin – draai soos nodig sodat dit eweredig bruin word. Braai net twee of drie op ’n slag sodat die temperatuu­r van die olie nie te veel val nie.

Skep uit en dreineer op kombuispap­ier. Sit voor saam met die chakalaka-styl doopsous as ’n ligte middagete of ’n peuselhapp­ie. (*Deegresep aangepas van natashaski­tchen.com)

 ?? ?? Die koedoewors word vooraf oor die kole gebraai.
Die koedoewors word vooraf oor die kole gebraai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa