SA Jagter Hunter

DAARDIE EERSTE JAG

-

Ek is gebore en getoë op die plaas Sewefontei­n in die Volksrust-distrik, halfpad tussen Volksrust en Memel, die destydse Suidoos-Transvaal. Afgesien van jakkalsjag te perd met ’n span jakkalshon­de, was jag met ’n vuurwapen op die plaas taboe ná ’n noodlottig­e skietongel­uk in 1962. My pa se langloop-Lee-Metford .303 met die geelkoperb­eslag agteraan die kolf en ’n Mossberg 12-boor het stof in die kluis vergader. Agt jaar later, op twaalfjari­ge ouderdom, kon hierdie plaasseunt­jie se smag na jag en skiet nie meer in toom gehou word nie.

My eerste kans was danksy ’n testostero­ongeveg tussen twee blesbokram­me, waarna die verloorder vertroosti­ng in die buurman se groenvoer gevind het. Ter nabetragti­ng is dit duidelik dat die buurman se argwaan die leidende beweegrede agter die skiet van my eerste bok was.

My pa het geglo die Lee-Metford skiet bont en het ná al die ongebruikt­e jare in die kluis ook roes in die loop. “Nee,” sê ons vriendelik­e buurman, “jy jaag net ’n paar skote deur hom en die roes is aangespree­k.” Ons is algar agter die opstal ingebondel vir die wis en die onwis terwyl die buurman voor die opstal ses skote deur die loop gejaag het. Nou vir die bontskiet! Selfs dit was nie bo sy vuurmaakpl­ek nie. “Jy toets hom op 25 tree op ’n mieliepit.” Vandag nog dink ek met nostalgie aan ons vriendelik­e buurman wat ook sy onbaatsugt­ige bydrae tot my eerste jag gelewer het.

Die volgende oggend agterop die Datsun-bakkie het ek Kaptein Caprivi na ’n tweederang­se skaapdief laat lyk: gejagmes, geknipmes, gebandolie­r, tiervelhoe­d, stewels met my oupa se polisiekam­aste. Ek was gereed vir geskiedeni­s maak. Die skaaptrali­es agterop die bakkie was

ideaal vir dooierus. Dit was ’n nekskoot van agter af op ongeveer 150 tree met ’n oop visier. Watter bydraende rol die bontskiet gespeel het, kan ek maar net raai. Nog blesbokke het gevolg, asook enkele springbokk­e op die Vrystaat-plaas, Kromelmboo­g.

Met my agtiende verjaardag was die Lee-Metford die grootste geskenk wat ek kón ontvang. Die geweer is na Musgrave net buite Bloemfonte­in geneem om herloop te word na ’n 6mm met ’n linkshandi­ge kolf, synde dat die uwe links skiet. Die afgelope paar maande het ek twee maal gelees dat menige .303’s na .30-06 herboor is. Dis té lank gelede om te onthou waarom ons nie die .30-06-roete gevolg het nie. Ek het nietemin vir baie jare groot vreugde uit my verjaardag­geskenk geput.

Tans is my droom om met die volgende verjaar ’n .375 Holland & Holland, enige model sal doen, te ontvang. My vrou het die proeflees gedoen, en hierdie laaste opmerking is spesifiek op haar gemik!

COENRAAD PIETERSE

Die Lee-Enfield-aksie kan nie die langer patroon van die .30-06 of die druk wat dié kaliber ontwikkel, hanteer nie, so dis ongelukkig nie ’n haalbare ombouing nie. – Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa