SA Jagter Hunter

KARKASSORG – SLAG EN HANTERING

-

Hierdie deel van die jag is van kardinale belang en word die meeste afgeskeep. Dit veroorsaak groot kopsere, veral met die vleisbewer­king. Dit bepaal die eindproduk se kwaliteit, sonder enige moontlike regstellin­g verder deur die proses. Hiermee ’n paar belangrike dinge om op te let.

Die tyd wat dit neem om die dier tot by die slagfasili­teit te kry, is uiters belangrik. ’n Bok wat nie vinnig ontwei word nie, bederf van binne af, veral op ’n warm dag. Die been word vrot en die skade word eers gesien wanneer die karkas bewerk word. Hou veral die volgende aspekte in gedagte: Werk die slagspan higiënies en is die slagfasili­teit skoon en reukloos? Pas almal wat met die karkas werk, persoonlik­e higiëne toe? Was hulle byvoorbeel­d hande en is hul oorpakke en voorskote skoon? Is die toerusting soos messe en sae skoon? Is die koelkamers skoon en reukloos? Werk die koelkamer behoorlik en is die temperatuu­r korrek? Hoe word die vleis hanteer en opgehang? Indien die pens raak geskiet of gesny is met die slagproses, is enige kontaminas­ie deur grond of pensmis behoorlik weggesny?

Dit is goed om na die slaggeriew­e en koelkamer te gaan kyk voor jy begin jag. As daar enige tekortkomi­nge is, kan dit dus voor die tyd reggestel word. Dit is ook handig om ’n bietjie van jou eie skoonmaakm­iddels saam te neem – ’n mens weet nooit en die winkels is ver... Ons groep vat ook graag ’n goeie, bekostigba­re jag- of slagmes saam wat ons ná die eerste suksesvoll­e jag vir ons gidse gee. Dit help sommer vir ’n goeie gemoed en in baie gevalle is daar dan ook ’n skerp mes in die slagkamer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa