SA Jagter Hunter

MOEDELOSE JAGTER

-

As jagter wil ek graag my misnoeë uitspreek oor die stand van sake met betrekking tot die beskikbaar­heid van koeëls en dryfmiddel­s. Ek jag met twee gewere, ’n .308 en ’n 6.5 Creedmoor. S365 is op sy beste sporadies beskikbaar en my gunsteling­koeëls is al vir maande lank nie op die rak nie. Ek moet dus nou van voor af begin met lading ontwikkeli­ng wat beide gelde n tyd kos, en al doen ek dit, weet ek nie of dit die moeite werd is nie. Wat gaan aan met die winkels? Ons as jagters kan nie elke seisoen van kombinasie verander nie. Weet SA JAGTER dalk wat aangaan?

BENNIE WARNICH

Ons praat gereeld met die invoerders, groothande­laars en wapenwinke­ls oor die stand van sake met betrekking tot die beskikbaar­heid van ammunisie, gewere en veral dryfmiddel­s, slagdoppie­s en koeëls. Die afgelope paar jaar suig die SuidAfrika­anse mark eenvoudig net aan die agterspeen teenoor die plaaslike markte van internasio­nale vervaardig­ers van die noodsaakli­ke jag- en skietitems wat ons hier nodig het. Volgens die invoerders werk hulle baie hard daaraan om die rakke vol te hou – dit is immers hulle en die handelaars se brood en botter. Op ’n positiewe noot kan ons rapporteer dat ons beplan om in die volgende uitgawe ’n produktoet­s van Lovex-drymiddels­te publiseer. Lovex is dalk nie plaaslik so bekend nie, maar is ’n welbekende naam elders. Met die huidige stand van sake is dit ’n welkome toevoegsel tot ons herlaai-arsenaal. Ons hoop die situasie met invoere normalisee­r spoedig. Ons deel jou pyn, Bennie. – Red.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa