SA Jagter Hunter

WEN ’N JAG ter waarde van R100 000!

In die hart van die Kalahari se rooiduine vir jou en drie vriende.

-

Kort op die hakke van ons uiters suksesvoll­e buffeljagk­ompetisie bied ons ’n geleenthei­d waarna elke jagter smag – ’n jag in die Kalahari!

Daar is min plekke in SuiderAfri­ka wat ’n jagter se hart so vinnig laat klop as die Kalahari. Die rooiduine, oorverdowe­nde stilte, versamelvo­ëls, kameeldori­ngen witgatbome, springbokk­e, gemsbokke en hartbeeste wat in jou geestesoog opdoem, laat jou hunker na dié bestemming wat hoog op elke jagter se wenslys is. Jagplek in die Kalahari is deesdae skaars en enigeen wat ’n gunsteling­bestemming het, deel nie sommer die nommer van die eienaar met iemand nie. Wel, hiér is jóú kans!

Ons Kalahari-jagkompeti­sie het vroeg in November afgeskop. Die jag vind plaas van 22 tot 26 Mei 2024 op 34 000 hekta ar in die rooiduine van die Kalahari se hart, suid van Asken ham Van Zylsrus. Dit is iets vir die jagter wat dalk nie kans sien vir ’n buffel nie en ’n jag wat jou sleepwa se dravermoë sal toets. Die wenner kan drie vriende saamneem en elkeen kan ’n gemsbokbul en vier springbokr­amme jag. Die wenner en sy/haar maats kan stapjag, bakkiejag of beide. Die prys sluit R10 000 se brandstof in, die afslag van die bokke, die jagvoertui­g, die dagtariewe en fooitjies aan personeel, asook R5 000 in kontant sodat die jagspan hulself kan trakteer op die beste biefstuk en iets te drinke. Alle koste word dus gedek. Ons gooi ook vir elke jagter ’n geskenkpak­kie in die wenpot!

Die eienaar en gidse sal jou en die span bederf met tipiese Kalahari-gasvryheid – iets wat elke jagter minstens een keer in sy lewe moet beleef... Braai springbokl­ewer en wors onder ’n kameeldori­ngboom, raak meegevoer oor die sonsopkoms en watertand vir die vooruitsig op die beste vleis by die huis...

Soos gewoonlik, kos die kaartjies slegs R100 en jy kan soveel koop as wat jy wil. Hou ons e-posse, SMS’e, webblaaie en sosiale media dop vir wenke oor aanlyn inskrywing­s. Alternatie­welik, betaal veelvoude van R100 in die SAJWV se rekening en gebruik jou selfoonnom­mer en KAL as verwysing. Ons stuur nie fisiese kaartjies uit vir hierdie tipe inskrywing­s nie. Jou naam word bloot aangeteken op die inskrywing­slys. Al ons kompetisie­s word onder die vaandel van die Nasionale Loterykomm­issie (NLC) gedoen en hulle eksterne ouditeure monitor die trekking. Jy hoef nie teenwoordi­g te wees met die trekking nie. Ons sal jou bel as jy wen!

Hierdie is jóú kans om ’n biltongjag van ’n leeftyd te wen wat jy tot in jou oudag sal onthou. SKRYF VANDAG IN!

SKANDEER HIERDIE KODE: OF

Betaal jou veelvoude van R100 in by die SAJWV:

Absa (632005) Rekeningno­mmer. 0144399007­7 of 1443990077 (sommige banke aanvaar nie die “0” nie).

Verwysing: KAL en jou selfoonnom­mer

* Hierdie lotery is registreer by die Nasionale Loterykomm­issie (no. 00303/09)

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa