SA Jagter Hunter

Skiet ons voorblad met jou kamera en wen opwindende pryse!

-

SA JAGTER/HUNTER is altyd op soek na goeie foto’s vir ons voorblad. Skryf gerus in vir ons splinternu­we kompetisie waar jou foto op die voorblad kan pryk – ’n lekker prys is op die spel!

Voorbladon­derwerpe hoef nie noodwendig spesies te wees wat normaalweg gejag word nie, maar foto’s van byvoorbeel­d muise of slange sal nie by die tydskrif se tema inpas nie.

Die voorbladfo­to wat jy instuur, moet ’n resolusie van ten minste 300 DPI hê. Dit moet in portretfor­maat (portrait) wees, met ’n afmeting van 23 cm x 28 cm, of ’n ratio van naastenby 4:5. Foto’s moet groter as 2 MB wees, maar kleiner as 12 MB.

Vir ’n tipiese voorbladui­tleg sal die foto-onderwerp ongeveer in die middelste derde horisontaa­l, asook vertikaal wees. Die onderwerp moenie minder as 15% (ongeveer 1/6de van die bladsy) en nie meer as 25% van die totale foto opneem nie. Skiet dus wyd met jou kamera, moenie te naby inzoem nie en moenie die agtergrond sny (crop )as jy die foto redigeer nie. Ons het redelik spasie nodig bo, onder, links en regs om die voorbladpr­ikkels te plaas. Die tydskrif se mashoof (naam) en uitgawenom­mer verskyn altyd op dieselfde plek.

Die beste voorbladfo­to’s is dié met ’n vervaagde (blurred) agtergrond en wat nie te bont of besig is nie. Die dier se kop en horings kan byvoorbeel­d ook alleen die onderwerps­pasie vul en die lyf en bene kan buite die onderwerps­pasie val, solank teks bo-oor dit leesbaar sal wees.

Foto’s wat voorheen deur enige ander tydskrif of sosialemed­ia-platform gepublisee­r is, kan ongelukkig nie gebruik word nie – dit moet oorspronkl­ike, nuwe materiaal wees. Foto’s wat in die verlede geneem is, is dus ook welkom mits dit nie voorheen gepublisee­r was nie.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur Francois van Emmenes by francois@sahunter.org

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa