SA Jagter Hunter

NOU BESKIKBAAR DOOIERUS I EN II

-

Herman Jonker het geen bekendstel­ling onder ons lesers nodig nie. As skrywer van die bekende jaghandlei­ding Kennis vir die Jagter en verskeie ander boeke, asook dosyne artikels in SA JAGTER/HUNTER, het hy al bykans volksbesit onder jagters geword. Lesers van ons tydskrif ken natuurlik sy gewilde rubriek “Dooierus” wat al vir 23 jaar verskyn en mense steeds elke maand laat glimlag, lag en dink.

Dooierus II nou beskikbaar, asook Dooierus. Dooierus II bevat weer eens 77 uitgesoekt­e rubrieke wat tot ’n breë gehoor spreek. Die skrywer stel sy visier om die beurt op groenes, owerhede, wildboere en eie geledere. Heilige koeie spring nie die slagmes vry nie, jagters se eienaardig­hede en ego’s ook nie. Daar word egter eerder gekorswil tussen die staaltjies en kwinkslae deur as swaar debat gevoer.

As ’n mens ’n deurlopend­e tema móét uitsonder, is dit beslis bewaring. Herman is bekend as ’n skrywer vir wie die natuur en verantwoor­delike omgang daarmee na aan die hart lê – iets waarby ons lesers sal aanklank vind. Die rubrieke is dan ook deurgaans algemene rigtingwys­ers in terme van etiek.

Wat sy werk so lekker laat lees, is die feit dat hy vanuit die binnekring praat. Hy kén jagters en praat hulle taal so uit sy hart. Die boeke weerspieël die Suid-Afrikaanse jagkultuur. Dit laat die leser aansit by jagters se kampvuur en gee hom ’n kykie in hul hartsake en ook in hul koddighede. Miskien die heel belangriks­te is egter dat dit jou laat dink.

Kyk uit vir ons nuusbrief, sosialemed­iabladsye en webwerf om jou bestelling vir beide boeke te plaas. Dit is die ideale geskenk vir al die jagters in jou lewe, jouself ingesluit!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa