Koek met eetbare druk­werk

Sarie Bruid - - Hierdie vrou kan bak! -

Eetbare druk­werk word hopeloos te min ge­bruik na Mag­gi se sin. Dis ’n teg­niek waar met spe­si­a­le eetbare ink op eetbare pa­pier ge­druk word. E­ni­ge mooi of tref­fen­de ont­werp kan op die pa­pier vas­ge­vang word, en dit kan dan op koe­ke met fon­dant-, sjo­ko­la­de- en selfs bot­ter­ver­sier­sel ge­bruik word.

Vir dié koek het sy ’n kleur­ry­ke muur­pa­pier­ont­werp ge­ko­pi­eer en laat druk. Die ont­werp is daar­na in die ver­lang­de breed­te ge­sny en met ’n bie­tjie wa­ter aan die fon­dant vas­ge­plak.

Sy het eetbare pa­pa­wers ge­maak om die ver­sie­ring van die koek af te rond, maar sy sê e­ni­ge vars, mooi, kleur­ry­ke blom is ge­skik vir ge­bruik.

Eetbare druk­werk kan ook op ver­sier­de sui­ker­koe­kies en kol­wyn­tjies ge­bruik word. Plak net die druk­werk vas op die fon­dant en sny dit dan in e­ni­ge vorm om koe­ke of kol­wyn­tjies te ver­sier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.