Sarie Kersfees Kreatief

Ses-uur-varkskouer met geroosterd­e knoffel

-

’n Sondag-classic. Die tyd wat hieraan bestee word, is amper meer opwindend as die finale varkskouer wanneer dit gaar is. Die happies uit die oond terwyl die vel so bros raak, maak die kok se werk seker een van die vervullend­ste posisies in die huis.

GENOEG VIR 10

• 125 ml olyfolie

• ’n varkskouer van 5 kg

• sap van 2 suurlemoen­e

• 60 ml droë vinkelsaad

• growwe sout en varsgemaal­de swartpeper

• 4 heel knoffelbol­le

Verhit die oond tot 180 °C. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie in ’n groot oondrooste­rbak.

Plaas die varkskouer velkant na onder op jou werkopperv­lak. Sprinkel ’n klein bietjie olie oor die vleis sowel as die helfte van die sap. Sprinkel die helfte van die vinkelsaad oor en geur met sout en peper. Plaas dit in oondrooste­rbak met velkant na bo. Sprinkel die res van die olyfolie en sap oor. Sprinkel die vinkelsaad oor en geur met growwe sout. Plaas dit in oond. Verlaag die hitte ná twee uur tot 140 °C. Laat oondrooste­r vir nog vier uur. Bedruip die vleis af en toe met die pansappe. Sny die bokante van die knoffelbol­le af en plaas in dieselfde bak as die vleis vir die laaste uur.

WARMWATERD­EEG

• 300 g (325 ml) botter

• 320 ml water

• 600 g (1070 ml) koekmeel

• 10 ml sout

• 1 eier, geklits

Plaas die botter en water in ’n groot kastrol. Verhit tot die botter gesmelt het. Haal die kastrol van die hitte af en voeg die meel en sout by. Meng goed en keer die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak. Knie die deeg tot goed gemeng. Onthou net, die deeg is warm. Verdeel dit in ses stukke. Druk die deeg in ’n ronde vorm plat op jou werkopperv­lak.

Plaas dit op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Skep die vulsel in die middel van die deeg. Vou die deeg oor die vulsel en verf bo-op met geklitste eier. Herhaal met die res en plaas in die oond. Bak vir 35 – 40 minute tot die deeg gaar en goudbruin is.

GEBRAAIDE UIE

• 2 groot uie, geskil

• olyfolie

Sny elke ui in drie dik skywe. Verhit olie in ’n pan en braai die uie weerskante tot goudbruin. Sit voor saam met die pasteie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa