Sarie Kersfees Kreatief

Smelt-in-die-mond lekker

Maak vanjaar dié anderste trifle met behulp van Rhodes Quality-produkte. Jy kan dit voor die tyd maak en vries, sodat jy dit net kan voorsit en geniet

- RESEP EN STILERING HERMAN LENSING FOTO MICHAEL LE GRANGE

TRIFLE-ROOMYSKOEK

Die jellie help dat die roomys nie so gou smelt wanneer jy die koek voorsit nie. genoeg vir 6-8

SPONSKOEK

• 4 eiers, geskei

• 200 g (250 ml) strooisuik­er

• 70 g (125 ml) koekmeel

• 60 ml Rhodes Quality Hinds-vlapoeier

• 250 ml Rhodes Quality-appelkoosk­onfyt

VULSEL

• 2 x 40 g Rhodes Quality Trotters-grenadella­jellie

• 410 g-blik Rhodes Quality-vrugtekelk­ie in stroop, gedreineer

• 2 eiers

• 3 eiergele

• 200 g (250 ml) strooisuik­er

• 100 g witsjokola­de, gesmelt

• 250 ml room, plus ekstra vir voorsit

• 2 x 410 g-blikke Rhodes Quality-perskeskyw­e, gedreineer

• 115 g-houer Rhodes Quality-grenadella­moes

Sponskoek Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat van 20 x 15 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefweren­de kossproei. Plaas eiergele en derde van die strooisuik­er in ’n middelslag­mengbak. Klits met elektriese klitser tot dik en skuimerig. Klits eierwitte in ’n skoon bak tot sagte punte vorm. Klits res van strooisuik­er geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Vou met ’n metaallepe­l by eiergeelme­ngsel in. Sif meel en vlapoeier by en vou deur. Keer beslag op uitgevoerd­e bakplaat uit en versprei eweredig. Stip met klontjies appelkoosk­onfyt. Plaas in warm oond vir 10-12 minute of tot gaar. Keer uit op ’n draadrak om af te koel. Vulsel Maak jellie aan met 250 ml kookwater en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Pols gemengde vrugte in voedselver­werker tot gladde puree en voeg by afgekoelde jellie. Plaas eiers, eiergele en strooisuik­er in ’n middelslag­glasbak wat stewig op ’n pot sal pas. Bring so 2 cm water tot kookpunt in pot. Sit glasbak op pot, maar moenie dat bak aan water raak nie. Stel plaat op matig terwyl jy die eiers en suiker met ’n elektriese klitser klits tot dik en skuimerig, sowat 10 minute. Vou saam met witsjokola­de by jelliemeng­sel in. Klits room tot sagte punte vorm en vou by eiermengse­l in. Voer broodpan van 11 x 21 cm met kleefplast­iek uit. Sny twee stroke van die sponskoek so groot soos die pan. Plaas een sponskoek met appelkoosk­ant na onder in pan. Gooi roomysmeng­sel bo-op en plaas tweede stuk sponskoek met appelkoosk­ant na bo op mengsel. Vries oornag. Keer gevriesde roomyskoek uit op dienbord. Klop ekstra room tot sagte punte vorm en skep bo-op koek.Versier met perskeskyw­e en grenadella­pulp. Sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa