Sarie Kersfees Kreatief

Wyn vir die fees

- DEUR HERMAN LENSING FOTO MICHAEL LE GRANGE

Suid-Afrika se wonderstre­ek, die Kalahari, lewer altyd verrassing­s op, wat beteken daar is nooit ’n tekort aan inspirasie en nuwe idees nie. Dit laat die Oranjerivi­er Wynkelders (OWK) in die NoordKaap toe om ’n unieke aanslag te hê. Hul wynmaakfil­osofie is ook eenvoudig: Goeie wyn begin in die wingerd. Die resultaat is puik wyne met hul eie unieke styl en persoonlik­heid. Oor die jare het OWK al vir talle juwele uit dié wynskatkis gesorg.

LYRA IRSAI OLIVÉR-VONKELWYN

Hierdie premiumgeh­alte-vonkelwyn word gemaak van die Hongaarse Irsai Olivér-kultivar, waarvan daar net ’n klein hoeveelhei­d in Suid-Afrika is. Dit het geure van Turkse lekker en roosblare en is heerlik yskoud.

BONTSTAAN BRANDEWYN EN RONDSTAAN GIN

Met slim Afrikaanse handelsmer­kname, wat net so lekker op die tong rol soos die produkte self, troon dié Noord-Kaapse brandewyn en jenewer kop en skouers uit in hul kategorieë. Die potketelbr­andewyn sal jou laat Bontstaan om nog ’n sopie te geniet, terwyl die speseryagt­ige jenewer met sy kaneelsmak­e jou beslis ook sal laat Rondstaan vir meer.

OMSTAAN MUSKADEL-GESKENKBOK­S

As daar ’n SA produsent is wat weet hoe om muskadelwy­n te maak, is dit OWK. En dié kelder se eksklusiew­e Omstaan-reeks wit en rooi muskadel is nou in ’n geskenkbok­s beskikbaar, wat ’n bederf soos min is.

THE HEDGEHOG CHENIN BLANC

Al langs die vrugbare oewer van die Oranjerivi­er vind jy 2 500 hektaar wingerd wat vir wyne van wêreldgeha­lte sorg. Geniet hierdie feestyd van die juwele uit die Oranjerivi­er Wynkelders se skatkis!

Hierdie organiese chenin blanc is ’n nuwe diamant van die walle van die Oranjerivi­er. Met geure van lietsjie, peer en koejawel is dié witwyn die perfekte pasmaat om yskoud te geniet by ’n somerfees of vir terugsit en ontspan op die stoep.

Besoek orangerive­rwines.com/ vir meer.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa