Sarie Kos

My mond wáter!

-

Perskes se geur en smaak is so soet soos my herinnerin­ge aan dié lekkerte.

Ek dink aan SONRYP PERSKES sommer so van die boom af eet. Gekook tot ’n blink konfyt of opgesny met ’n bietjie kaneel, bruinsuike­r en ’n drukkie suurlemoen. Ek sien nog die inlêflesse vol goudgeel wat op my ouma se SPENSRAK wag om met ’n skep vanieljero­omys geniet te word.

Perskes is vir my altyd reg, enige plek, enige tyd. Net ’n blik perskes met ingedampte melk is vir my al bederf.

Maar perskes is meer as bederf; dit was nog altyd koningskos, sê die kenners. Sedert die vroegste tye in China is die perske deur die koninklike­s verhef tot elite-vrug, en ook in Persië (vandag se Iran) was die EKSOTIESE VRUG met sy meer as 80 geurkompon­ente hoogs gesog. Die “Persiese appel” is deur die eeue deur reisigers, veroweraar­s en avonturier­s die wêreld ingedra. Jan van Riebeeck het glo perskes vanaf St. Helena hier aan die Kaap laat aanplant, en teen 1887 het SA perskes reeds hul koninklike buiging gemaak toe hulle na Engeland verskeep is vir koningin Victoria se goue jubileum.

In baie kulture is die perske ’n simbool van geluk. Vir seker ’n bron van inspirasie. Dis al dikwels geskilder, ook deur die grotes soos Claude Monet, Renoir en Van Gogh. (Selfs ék het die perske leer teken tydens ’n besoek aan SA kunstenaar Louis Jansen van Vuuren se La Creuzette op die Franse platteland!) Vandag spog kinders, popsterre, boetieks en restaurant­e met Peaches as naam, en duur PARFUUMS, WYN en SJAMPANJE dra die geurnote. En die perske-melba? Die perske is juis gekies vir ’n spesiale NAGEREG om hulde te bring aan die wêreldsopr­aan Nellie Melba. Maar net so lekker sing ons Anton Goosen: “As die geelperske­reën veertien dae in die boorde val, en dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie.”

Wie onthou oud-Beatle Ringo Starr se groot tagtigstre­ffer, “You’re Sixteen”? Daardie openingswo­orde: You come on like a dream, peaches and cream … Maar wag, dis net hier dat ek die fles perskes in my kombuiskas oopmaak. GOUDGEEL STROPERIGE PERSKES met vars plaasroom. Sommer vir die onthou …

Geniet Barbara se perske-inspirasie (bl. 70) en hierdie hele someruitga­we saam met my.

 ??  ?? Michélle van Breda
redakteur SARIE
Michélle van Breda redakteur SARIE
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa