Sarie Kos

Dis altyd baie lekker om

- Barbara

iets NUUTS in SARIE KOS te begin. Ek en Herman Lensing werk al 6 jaar saam, en in hierdie uitgawe daag ons mekaar uit om te kyk wie die lekkerste vis en tjips maak. Die hele storie was groot pret en dis nogal interessan­t om te sien hoe ons kookstyl verskil: Herman is AVONTUURLU­STIG en ek hou maar daarvan om vis en tjips te maak soos Rebecca Bosman, my huiswerker, my geleer het. Ons is beoordeel en ’n wenner is aangewys – kyk op bl. 48.

In die volgende paar uitgawes van SARIE KOS sit ons die kookstryd voort, elke keer met ’n ander gereg.

Terwyl dit nou so warm is in ons land, maak ek koue somersoppe (bl. 62) met NET 5 BESTANDDEL­E. Dis maklik en vinnig, want niemand wil ure in die kombuis staan en swoeg nie. En vir diegene wat saans moeg by die huis kom en SONDER MOEITE iets vir die gesin wil OPTOWER, is daar 30 halfuur-etes op bl. 32, almal baie smaaklik.

Ek kan my skaars ’n SARIE KOS voorstel sonder iets oor aartappels, want dis een van my gunsteling-bestanddel­e. Op bl. 40 is 6 van my beste resepte vir geurige aartappelg­ebak. Dit smaak heerlik saam met braaivleis, maar ek verkies om dit net so te eet, met net ’n gesonde groenslaai daarby.

’n Lekker kaaskoek is altyd ’n wenner in my huis. Tanya Pöhl maak 5 anderste kaaskoeke (bl. 54) – sy doen dit stap vir stap om dit vir julle so maklik moontlik te maak. Een van die resepte bevat fyngekapte koeksister, wat jou dalk sal laat dink dit kom uit Ouma se kombuis, maar dis splinternu­ut, spesiaal uitgedink vir hierdie uitgawe.

As jy baie hou van kook en ure in die kombuis deurbring, sal die artikel op bl. 14 jou veral interessee­r, want ek stel ’n onthaalspy­skaart saam waar jy byna alles self maak. Dis uiters bevredigen­d om die GASTE SE VERSTOMMIN­G TE AANSKOU wanneer jy vir hulle sê jy het self die botter en ricotta gemaak. Dis boonop maklik en dit smaak net anders. Ook tuisgemaak­te pasta is ’n bonus. Vir my pastaslaai op bl. 18 het jy nie eens ’n pastamasji­en nodig nie.

Geniet hierdie uitgawe en lekker kook!

 ??  ?? Barbara Joubert
kosredakte­ur SARIE KOS 2014
• MEDIA24 Beste Spesialis-joernalis 2013
• PICA Beste Tydskrif: Dekor, Handwerk, Kos of Tuin
• GALLIOVA-MERIETEPRY­S
2012 • GALLIOVA-MERIETEPRY­S • MEDIA24 TYDSKRIFTE PRYSE
VIR U ITNEMENDHE­ID Trots...
Barbara Joubert kosredakte­ur SARIE KOS 2014 • MEDIA24 Beste Spesialis-joernalis 2013 • PICA Beste Tydskrif: Dekor, Handwerk, Kos of Tuin • GALLIOVA-MERIETEPRY­S 2012 • GALLIOVA-MERIETEPRY­S • MEDIA24 TYDSKRIFTE PRYSE VIR U ITNEMENDHE­ID Trots...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa