Sarie Kos

AARTAPPEL-EN- CHORIZO-TORTILLA

-

GENOEG VIR 6

• 1 KG AARTAPPELS, GESKIL EN IN WIGGIES

GESNY • 1 UI, GESKIL EN FYNGEKAP • 1 KNOFFELHUI­SIE, FYNGEKAP • 4 TAKKIES VARS TIEMIE • 1 LITER OLYFOLIE • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 8 EIERS • 100 G CHORIZO, IN SKYWE GESNY

Plaas aartappels, ui, knoffel en tiemie in ’n swaarboom-kastrol. Gooi 950 ml olyfolie by en geur met sout en peper. Plaas op medium-hitte tot die olie net begin warm word. Verlaag hitte en kook tot aartappels gaar is – 30 – 35 minute. Plaas aartappels in ’n tregtervor­mige sif (chinois) en laat staan tot al die olie gedreineer het. Die olie kan 2 – 3 keer weer gebruik word. Klits eiers in ’n mengbak en geur met sout en peper. Hou 150 ml van geklitste eiers in ’n aparte bakkie. Voeg gaar aartappels en chorizo by res van eiers en meng versigtig deur. Verhit genoeg van oorblywend­e 50 ml olyfolie om die basis van ’n kleefvrye pan met ’n deursnee van 28 cm te bedek. Gooi eiermengse­l in pan om tortilla te maak. Wanneer die mengsel begin gaar word, beweeg pan in sirkels sodat die tortilla eweredig gaar word. Maak mengsel bo-op gelyk met ’n houtlepel. Laat kook nog 2 minute. Plaas ’n groot bord op die pan en keer tortilla uit. Laat gly tortilla versigtig terug in pan – rou kant na onder. Verlaag hitte. Gooi ’n bietjie van die 150 ml eier bo-op en versprei dit eweredig met ’n houtlepel. Laat kook nog 2 minute. Herhaal proses tot al die eier op is. Die tortilla sal ferm wees wanneer gaar. Verwyder van hitte en laat staan 5 minute. Sit warm of by kamertempe­ratuur voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa