Sarie Kos

LEMMETJIE-EN- KLAPPER-YSKASKAASK­OEK

-

GENOEG VIR 1 KOEK VAN 25 CM

KORS • 100 G (310 ML) KLAPPER • 1 X 385 G-BLIK KONDENSMEL­K

VULSEL • 30 ML GELATIEN • 125 ML KOUE WATER • 4 EIERS, GESKEI • 250 G STROOISUIK­ER • 500 G ROOMKAAS • 250 ML ROOM • SAP EN GERASPERDE SKIL VAN 6 LEMMETJIES • 6 LEMMETJIES SE SEGMENTE • 125 G KLAPPERSKA­AFSELS, GEROOSTER IN WARM PAN TOT BRUIN

1 Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n losboomkoe­kpan met kleefweren­de kossproei en plaas op bakplaat. Meng klapper en 50 g van kondensmel­k. Voer bodem van ronde pan uit met klappermen­gsel en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel. 2 Sprinkel gelatien oor water en laat staan tot sponsagtig. Plaas eiergele en helfte van strooisuik­er in ’n glasbak wat stewig op ’n pot met kookwater pas – die bodem van die bak moenie aan die water raak nie. Klits met handklitse­r tot lig en skuimerig – sowat 5 minute. Haal af van hitte en voeg gelatien by, asook oorblywend­e kondensmel­k. Klits verder oor warm water om te verseker dat die gelatien in die mengsel gesmelt het. Laat afkoel. 3 Klits roomkaas tot glad met elektriese handklitse­r. Vou eiergeelme­ngsel met draadklits­er by roomkaas in. 4 Klits eierwitte tot sagte punte vorm en gooi res van strooisuik­er geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Hou meringue eenkant. Klits room styf. Voeg sap en skil van lemmetjies by roomkaasme­ngsel. Vou meringue en stywe room by roomkaasvu­lsel in. Gooi vulsel in voorbereid­e koekpan en plaas vir 4 uur in yskas of tot gestol. Doop koekpan ’n paar sekondes in kookwater tot die kante loskom. Verwyder pan en plaas op opdienbord. Versier koek met lemmetjies­egmente en klapperska­afsels.

 ??  ??
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa