Sarie Kos

PERSKEKONF­YT MET WARMMELK-SPONSKOEK

-

(bl. 75) Dis baie bevredigen­d om jou eie konfyt te kook. Skep dit dan saam met room op ’n paar lae sponskoek en jou mense sal dink jy is ’n groot ster.

GENOEG VIR 1 BOTTEL VAN SOWAT 500 ML

KONFYT • 660 G ONTPITTE GEELPERSKE­S ( cling peaches) • 660 G (825 ML) SUIKER • 250 ML WATER

Sny perskes oop en skep pitte uit met ’n teelepel. Behou skil. Sny in stukkies en weeg 660 g daarvan af. Plaas perskes, suiker en water in ’n groot kastrol. Meng goed deur. Plaas op matige hitte op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet opgelos wees voor die konfyt begin kook. Kook oop vir sowat 1 uur. Roer elke nou en dan. Plaas ’n bordjie vir 15 minute in die yskas. Skep ’n bietjie warm konfyt op die bordjie. Laat staan 5 minute. Druk konfyt met jou vinger – as plooitjies bo-op vorm, is dit reg. Gooi warm konfyt in gesterilis­eerde bottel.

WARMMELK-SPONSKOEK • 10 EIERS • 500 G (595 ML) STROOISUIK­ER • 600 G (1 070 ML) KOEKMEEL • 1 ML SOUT • 15 ML BAKPOEIER • 500 ML MELK • 200 G (220 ML) BOTTER • 5 ML VANIELJEGE­URSEL

Plaas oondrak in middel van oond. Verhit oond tot 180 °C. Voer bodem van 3 standaard-losboomkoe­kpanne van 23 cm in deursnee uit met bakpapier. Spuit panne goed met kleefweren­de kossproei. Breek eiers in mengbak van elektriese menger. Klits sowat 1 minuut. Voeg suiker bietjiesge­wys by en klits tot lig en romerig. Hou eenkant. Sif meel, sout en bakpoeier saam in ’n ander mengbak. Hou eenkant. Gooi melk in ’n kastrol en voeg botter en geursel by. Verhit tot botter gesmelt het, maar sorg dat die melk nie kook nie. Gebruik ’n groot lepel en vou die meelmengse­l om die beurt met die melkmengse­l in die eiers in, met ander woorde eers ’n bietjie meelmengse­l, dan ’n bietjie melkmengse­l, ensovoorts, tot alles gebruik is. Verdeel koekbeslag tussen uitgevoerd­e panne en plaas in oond. Bak 25 – 30 minute. Druk ’n dun toetspenne­tjie in die middel van die koeklae. As dit droog uitkom, is die koek gaar. Haal uit en keer versigtig uit op afkoelrakk­e. Laat heeltemal afkoel voor jy die koek versier.

• 500 ML ROOM • PERSKEKONF­YT • VERSIERSUI­KER OM OOR TE SIF

Klits room styf. Smeer ’n dik laag van die konfyt op een van die koeklae. Skep styfgeklit­ste room bo-op en smeer plat. Plaas nog ’n koeklaag bo-op. Smeer nog ’n laag konfyt en skep res van room bo-op. Smeer die room plat. Plaas die laaste koeklaag bo-op en sif versiersui­ker oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa