Sarie Kos

Tapas vir jou tafel

- foto’s MICKY HOYLE

Sedert Liam Tomlin in 2004 na Suid-Afrika gekom het, het hy een van die bekendste name op die kostoneel geword. As leermeeste­r het hy al talle mense leer kook en as topsjef swaai hy self die septer in sy Kaapse restaurant. Hy deel ’n paar resepte uit sy nuutste resepteboe­k met ons

As veertienja­rige is hy uit sy priestersk­ool in Ierland geskors, want hy was “’n stout outjie”. Hy het as potskraper in ’n restaurant begin werk en ses maande later ’n vakleerlin­gskap in die kombuis gekry. Aanvanklik was kosmaak vir Liam Tomlin net nog ’n werk. Toe gaan maak hy ’n draai in Switserlan­d, waar hy besef het hy wil ’n profession­ele sjef word en klaar.

Hy het ondervindi­ng in toprestaur­ante in Europa en Australië opgedoen voordat hy die bekende Banc-restaurant in Sydney begin het. Talle toekenning­s het gevolg, onder meer restaurant van die jaar by verskeie geleenthed­e.

Vandag is hy die sjef en eienaar van Chefs Warehouse & Canteen in Kaapstad. Vir hom gaan kosmaak oor die hele proses, van die aankoop van die bestanddel­e tot die bereiding van die geregte. En om uiteindeli­k aan te sit en die eindproduk met oorgawe te geniet in ’n ontspanne afmosfeer.

“Ek maak nie meer ingewikkel­de kos met bestanddel­e wat sommer net bygevoeg word nie. Ek fokus op tegniek en geur om smaaklike en goed gebalansee­rde geregte te skep.

“By Canteen het ons tapas – happies in klein bakkies – uit verskillen­de wêrelddele op die spyskaart: Asië, die Midde-Ooste en Europa.”

Tapas is ook die titel van Liam se vierde boek. Dis ’n illustrasi­e van die soort kos wat hy graag kook en hoe hy graag eet, met baie verskillen­de smake, teksture en kookstyle. Die boek bevat 350 resepte. – Die SARIE KOS-span

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LEKKER ONTSPANNE IN LIAM SE CHEFS WAREHOUSE
& CANTEEN IN BREESTRAAT, KAAPSTAD.
LEKKER ONTSPANNE IN LIAM SE CHEFS WAREHOUSE & CANTEEN IN BREESTRAAT, KAAPSTAD.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa