Sarie Kos

CAMEMBERTA­ARTAPPELGE­BAK

-

(bl. 41) ’n Franse aartappelg­ebak of tartiflett­e wat as volledige ete saam met ’n groenslaai voorgesit word.

GENOEG VIR 6 – 8

• 8 MIDDELSLAG-AARTAPPELS, ONGESKIL • 15 ML OLYFOLIE • 15 ML BOTTER • 3 UIE, GESKIL, GEHALVEER EN IN SKYWE

GESNY • 4 KNOFFELHUI­SIES, FYNGEKAP • 250 G STREPIESPE­K ( streaky) • 30 ML OLYFOLIE • SOWAT 50 G (55 ML) BOTTER • SOUT EN VARSGEMAAL­DE SWARTPEPER • 3 X 125 G-CAMEMBERTK­AAS • SOWAT 6 TAKKIES VARS TIEMIE • 500 ML ROOM

Plaas aartappels in ’n groot kastrol en bedek met water. Bring water op stoof tot kookpunt. Kook aartappels tot net sag maar nie heeltemal gaar nie. Dreineer in vergiettes. Laat afkoel. Trek skille af en hou eenkant. Verhit oond tot 180 °C. Verhit die 15 ml olyfolie en 15 ml botter saam in ’n diep pan. Voeg uie en knoffel by. Braai tot sag en deurskynen­d maar nie goudbruin nie. Haal af van hitte en hou eenkant. Sny spek in blokkies. Verhit die 30 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros. Skep uit pan en dreineer op kombuispap­ier. Smeer ’n oondbraaib­ak van sowat 35 x 25 cm met die 50 g botter. Sny aartappels in skywe van sowat 1 cm dik. Pak een laag aartappels in gesmeerde bak en skep helfte van gebraaide uie bo-op. Sprinkel helfte van spek bo-op. Geur met sout en peper. Herhaal proses. Halveer elke camembertk­aas in die breedte en rangskik 6 dunner kaassirkel­s bo-op aartappels, uie en spek. Breek tiemietakk­ies in kleiner stukkies en sprinkel bo-op. Gooi room oor. Geur met nog varsgemaal­de swartpeper. Oondbak 45 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.

 ??  ?? Spinasie-enbloukaas-aartappelg­ebak
Spinasie-enbloukaas-aartappelg­ebak
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa