Sarie Kos

diéwinkelg­oed

-

’N DING WAT SPRING

Op byna elke spyskaart kry jy deesdae springmiel­ies in die een of ander vorm. Nou’s dit ook beskikbaar in geure soos parmesaan, truffel en selfs vanielje. Skiet jou eie met Imbo se sakkies mielies wat landwyd te koop is teen R10,69 vir 500 g.

BOKS VOL SJOKOLADE

Die lewe is soos ’n boks vol sjokolade, het Forrest Gump gesê. En as dit soos Lindt se nuwe mini-praliens smaak, kan dit net lekker wees. Die boks van 20 handgemaak­te sjokolades kos R85,99 vir 100 g by uitsoek-winkels.

VARS UIT ’N BLIK

Bly jy ver van die see? Danksy Mayfair se ingemaakte steurgarna­le kan jy ook saamsmul aan dié soutwater-juwele. Dreineer en gebruik soos nodig (dis reeds gaar). Sowat R55 vir 200 g.

AMERIKAANS­E MOSTERD

Sit ’n titsie mosterd op ’n worsrol of hamburger vir ekstra smaak. Probeer Colman’s se nuwe Amerikaans­e mosterd – dis soeter as Franse mosterd en brand minder. Sowat R21 vir 167 g.

SÊ KAAS

As jy van lekker sterk kaas hou, is Lancewood se verouderde cheddarkaa­s beslis die proe werd. Dit word 6 maande lank verouder en het die kenmerkend­e bros tekstuur van sulke kaas. Koop dit by die naaste supermark teen R36 vir 300 g.

VINNIGE BEDERF

Maak binne 25 minute vir jou kinders vars sjokoladem­uffins met Sasko se hulp. Jy koop die basiese mengsel in ’n pakkie en voeg net olie, melk en eiers by. Sowat R14 vir ’n 500 g-sakkie.

TOERITS-BROODJIES

Kikker jou werkdag op met toebroodji­es wat jy vars hou in Glad se herseëlbar­e toeritssak­kies. Daar’s 20 sakkies in ’n pak (R19 by supermarkt­e) en dis groot genoeg vir ’n standaardt­oebroodjie.

GESONDE SALAMI

Almal probeer gesonder leef en daarom het Enterprise ’n reeks koue vleise bekend gestel wat minder vet bevat. Ons hou veral van die salami – so smaakvol dat jy nie eens die ekstra vet mis nie. Landwyd te koop teen R34,99 vir 100 g.

ONTHAAL IN STYL

Hou jy van fênsie kos kook? Dan moet jy Sea Harvest se bevrore tuna-steaks onder die Fine Dine-handelsmer­k met jou volgende onthaal probeer. Onthou om dit oornag in die yskas te ontdooi. Dit kos sowat R54,99 vir 200 g by uitsoek-supermarkt­e.

EKSOTIESE OLIE

Asof die olie van avokado’s nie al gesond genoeg is nie, maak Westfalia dit nou met ’n suurlemoen­geur. Vanweë die olie se hoër rookpunt kan jy dit gebruik om kos te braai of vir warm slaaisouse. Landwyd te koop teen R33,99 vir 250 ml.

SONDER SUIKER

Vir mense wat suiker vermy, is Canderel se reeks donkersjok­olade-produkte goeie nuus. Dit bevat al die smaak van sjokolade sonder dat ekstra suiker bygevoeg is. Sowat R28 vir ’n 100 g-plak.

GROENVYE

Rek jou somerkuier­s met ’n kaasbord ná ete en rond dit af met heel groenvye. All Gold se glashouers met ingemaakte groenvye is herseëlbaa­r en kan net so op tafel gesit word. Landwyd te koop teen R47,99 vir 320 g.

MAAK SKOON

Speel vinnig klaar met gemors in die kombuis met Handy Andy se cream. Met die veelsydige skoonmaakm­iddel maak jy alles van aangebrand­e potte tot werkopperv­lakke maklik skoon. Landwyd te koop teen R15,69 vir ’n 500 ml-bottel.

SMEERBOTTE­R

Niks is so lekker soos botter op vars brood nie, en Ladismith maak dit maklik met ’n nuwe soort smeerbotte­r. Dis verpak in herseëlbar­e bakkies en word gemaak van regte botter. Sowat R40 vir 500 g.

GEURIG

Wie wil nou die moeite doen om botter te geur as jy Parmalat se botterwors­e vol kruie en knoffel by die supermark kan koop? Gebruik die botter om groente te roerbraai of sit dit voor met warm brood. Sowat R22 vir ’n 150 g-wors.

GOEIE KOFFIE

Kitskoffie van Nescafé proe net so lekker soos die beste filtreerpr­oduk. Alta Rica is ’n ekstra-sterk koffie met geure van vanielje en neut. Dit kom oorspronkl­ik uit Suid-Amerika. Sowat R86 vir 100 g.

EET NOG EEN

Die Skotte is bekend vir mans in rokkies en brosbroodk­oekies ( shortbread). Moir’s se Munch-a-Lot gaan jou laat voel of jy die koekies in die hart van Skotland eet. Die boksies van 175 g elk kos R10,99 by supermarkt­e landwyd.

NOG EEN SNY

Die lae-GI-brood van Albany is vol ekstra energie wat jou deur die dag sal help. Dis reeds gesny vir jou gerief, en verpak in ’n sak met ’n spesiale plastiekkn­ip waarmee jy dit kan herseël sodat die brood langer vars bly. Sowat R14,49 vir 700 g.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? KOEK IN ’N
KITS
KOEK IN ’N KITS
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OOK VIR
DIABETE
OOK VIR DIABETE
 ??  ??
 ??  ?? BOTTER
VOL
SMAAK
BOTTER VOL SMAAK
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa