Sarie Kos

sjokolade poeding

Als maklik in een bak!

-

Ek het ’n ou metaal-stoompoedi­ngpan gebruik. ’n Groot erdebak sal ook geskik wees. Die volume van die pan of bak moet 2,2 liter wees.

GENOEG VIR 8

• 420 G (750 ML) KOEKMEEL

• 120 G (300 ML) KAKAO

• 600 G (750 ML) SUIKER

• 15 ML BAKPOEIER

• 3 EIERS

• 5 ML SOUT

• 375 ML KARRINGMEL­K

• 375 ML KANOLA-OLIE

• 7 ML VANIELJEGE­URSEL

• 375 ML KOOKWATER

• 125 G FRAMBOSE ( raspberrie­s) VIR GARNERING

BAR-ONE-SOUS

• 300 G BAR-ONE-SJOKOLADE

• 250 ML ROOM Sif meel en kakao in mengbak van ’n elektriese menger. Voeg res van bestanddel­e behalwe frambose by. Klits tot goed gemeng. Spuit ’n stoompoedi­ngpan of erdemengba­k met ’n volume van 2,2 liter met kleefweren­de kossproei. Gooi beslag in pan tot so 3 cm van die boonste rand. Maak die pan toe met ’n deksel of bedek stewig met foelie. Bind foelie vas met tou om te keer dat daar stoom in die pan ingaan. (As die beslag te veel is, kan jy die oortollige in klein koekpannet­jies gooi en by 180 °C bak tot gaar.) Plaas ’n kleinbordj­ie onderstebo in ’n groot kastrol waarin die stoompoedi­ngpan pas. Plaas pan in kastrol en vul met kookwater tot halfpad teen pan se wand op. Plaas op stoofplaat en laat prut sowat 2 uur. Toets met dun toetspen om seker te maak dis gaar. Keer versigtig uit op opdienbord. Bar-One-sous Sny sjokolade in blokke. Plaas saam met room in ’n kastrol. Laat smelt oor lae hitte en roer af en toe. Gooi van die sous oor die poeding en garneer met frambose. Sit res van sous saam voor.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa