Sarie Kos

Boekie maak kosmaak makliker

-

Wat staan ’n ma te doen as die kospryse genadeloos bly styg, die plakkate teen die lamppale weer ’n rentekoers­verhoging aankondig, die kosbegroti­ng klaar erger knyp as my skoene en my vier tieners reeds met ontbyttyd uitbundig wil weet: “En wat eet ons vanaand?” Die volstruist­egniek wil nie werk nie. (Die volstruis druk mos glo sy kop onder die sand in as die gevaar vir hom te dreigend word.) Dis dieselfde as “leef van dag tot dag”. Dink en handel op korttermyn­grondslag. Sluit jou oë vir probleme en geniet net die lekker dinge wat na jou kant toe kom. Dít mag wyse raad wees, maar dit maak nie die tafel vol kos nie.

Danksy die kosbare klein SARIE KOS-Bêreboekie wat ek sedert 2011 koester, hoef die dankbaarhe­id vir gesonde kinders en nog ’ n wonderlike dag met baie voorregte nie deur my vingers te glip nie.

Selfs al pak die beurtkrag-monster my boonop vanaand, hoef ek nie omgekrap, ongeduldig en ontevrede op en af tussen die kosrakke in die supermark te strompel op soek na inspirasie vir “iets om te eet” nie. Barbara Joubert se 2011-boekie met 30 van die gewildste SARIE KOS-resepte pas gerieflik in my handsak. Ek spaar tyd en hoef nie lysies te maak, of onnodige duur wegneem-etes te koop nie. Die boekie verskaf nie net resepte om selfs die supermark se gaar hoender in heerlike geregte om te tower nie, maar vinnige, voedsame, vullende sop of slaai kan ook as maaltyd die honger stil tot môreoggend!

En baie dankie ook vir die meer-as-welkome 30 resepte in die artikel “6-uur tuis, eet ½7” in SARIE KOS van Februarie/ Maart 2015. Ek maak vir myself ’ n boekie daarvan. – Jacoba

du Plooy, Bloemfonte­in. (Brief verkort. – Red.)

ONS WENNER, JACOBA DU PLOOY, WEN TWEE KISTE HEERLIKE WYN VAN DU TOITSKLOOF WINES IN DIE PRAGTIGE BREEDEKLOO­FVALLEI. DIE KIS WIT IS SAUVIGNON BLANC, VARS EN VRUGTIG EN EEN VAN SUID-AFRIKA SE GEWILDSTES. DIE KIS ROOIWYN IS GEMAAK VIR DIE WINTER, ’N VERSNIT VAN PINOTAGE, MERLOT EN RUBY CABERNET. VIR MEER INLIGTING, GAAN NA WWW.DUTOITSKLO­OF.CO.ZA.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa