Sarie Kos

KOS-QUICHES IN FINLAND VERSLIND

-

Ek woon al twee jaar in Finland en verlang maar na my mense, die kos en die taal. Dit maak elke keer my dag wanneer die posman my KOS-tydskrif deur die gleuf gooi.

Ek is met ’n Fin getroud en het ’n dierbare skoonma gekry. Ons maak beurte om vir mekaar tradisione­le geregte te maak. Julle is altyd my inspirasie as ek ’n resep soek – melktert, kerriehoen­der in die oond gebak, malvapoedi­ng, vleispaste­ie, bredies en sop. Ek het spesiaal al my KOS-tydskrifte Finland toe gepos voor my troue.

Quiche is hier baie gewild, en daarom is ek en my man versot op die SARIE KOSweergaw­e met die 30 verskillen­de quiches in (Aug/Sept 2014). Ek het al ’n paar getoets en hulle kry skaars kans om af te koel. Om hier in die verte tussen vreemde mense te sit is nie altyd maklik nie, maar julle maak dit makliker. Dit maak my hart bly dat ek ’n stukkie van die huis by my kan hê wat ek ook met trots vir ander kan wys. – Nadia Thölix, Finland (Brief verkort. – Red.)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa