Sarie Kos

DIE HART IN MY KOMBUISO

- – Mirrie Havenga, Lichtenbur­g

Sonder ’n hart kan ons nie leef nie; ons weet dit tog. Volgens my is die hart van ’n behoorlike kombuis die liefde vir kos en ’n fyn aanvoeling vir die perfekte kombinasie­s van die regte bestanddel­e.

Die lewe in my kombuis is gebore die eerste maal toe ek ’n SARIE KOS in my hand vasgehou het. Jy, my liewe SARIE KOS, bestaan uit ’n fyn aanvoeling vir die perfekte geure en ’n ongeloofli­ke liefde vir kos. Jy verras my met elke uitgawe.

Jou resepte is nie net fyn en perfek uitgedink nie, maar ook doenbaar, en dit lewer keer op keer ’n foutlose produk. Hoewel ek nog maar ’n groentjie in die kombuis is, weet ek dat jy my stap vir stap touwys sal maak om ’n daaglikse dosis van hartskos vir my mense te berei. Want die sake van die hart en die sake van die maag kom op jou blaaie in volmaakte harmonie bymekaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa