Sarie Kos

WAT VAN ’N GLASIE GRAPPA?

-

Tradisione­el word skoon Grappa ná ’n maal saam met espresso genuttig,

maar die alkoholinh­oud van 43% slaan die meeste mense se asem weg! Distilleri­a Bottega, ’n vooraansta­ande

Italiaanse wyn-en-spiritusma­atskappy, produseer die regte teenvoeter

vir hierdie probleem: ’n romerige, Grappa-gebaseerde likeur met net 17% alkohol. Geniet dit op sy eie of gooi ’n skeutjie in jou koffie. Kies tussen twee ewe lekker opsies: Bottega Gianduia, met sjokolade-en-haselneut-ondertone, of die Bottega Fior di Latte, wat proe na speseryagt­ige vanielje. Albei is beskikbaar vanaf uitsoek- wyn- en spiritusha­ndelaars teen R209,50

vir ’n 500 ml-bottel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa