Sarie Kos

GOEDKOOP WIELE – VW UP

-

Volkswagen probeer nou die oorhand in die intreevlak­segment kry met nóg ’n nuwe sakpasmede­dinger om langs die Polo Vivo kopers te lok wat dit dalk knap het. Die nuweling op wie se skouers hierdie taak rus, is die oulike Up, wat veral knapies soos die Hyundai i10 and Kia Picanto die stryd moet aansê. Die Up, waarvan die lof veral in Europa besing word, het net drie deure, maar is eintlik ideaal vir ’n enkelloper of as ’n gesin se (baie ekonomiese) tweede ryding. Die motortjie het ’n baie gewillige 1,0-liter enjin en is regtig rats en net ’n plesier om te bestuur. Dit het ook ’n rits veiligheid­skenmerke wat gewoonlik net duurder motors beskore is. Ondanks die Up se kompakte afmetings is dit binnelangs verbasend ruim en het dit ook onder meer lugverkoel­ing, kragstuur en ’n klankstels­el. Pryse begin by R133 500.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa